Man brand dood ná jaagtog

Foto: ER24

ʼn Man het Maandagoggend in sy motor doodgebrand nadat sy voertuig teen ʼn boom in Waterkloof in Pretoria gebots en toe vlam gevat het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die hoek van Albertstraat en Crownlaan gebeur. Volgens Meiring het polisiebeamptes glo die man in sy voertuig gejaag net voordat die ongeluk gebeur het.

“By paramedici se aankoms op die toneel het die brandende motorwrak nog teen die boom gestaan. Die brandweerdienste het vinnig gewerk om die brand te blus, terwyl die owerhede die verkeer herlei het,” het Meiring gesê.

“Nadat die brand geblus is, het paramedici die bestuurder ondersoek, maar hy het veelvuldige brandwonde opgedoen en het geen teken van lewe getoon nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Dit is nog nie duidelik hoekom die man in ʼn jaagtog met die polisie betrokke was nie. Die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pendoring ·

Die woord “ongeluk” laat dit so altevol klink of die man se geluk opgeraak het. Hy het doelbewus moeilikheid gemaak en doelbewus van die Polisie gevlug. Alles was voorkombaar. Hy was in ‘n “botsing” betrokke. Al sy aksies het niks met geluk te doen nie.

Shame ·

Pendoring ken jy die ware feite? Miskien het hy gedink die “polisie” wil hom leed aandoen. Hoekom sê polisie nie onmiddelik wat die redes vir jaagtog was nie?

Doringrosie ·

Kannie dink dat enige iemand sommer net sal betrokke raak in n jaagtog met die polisie vir die doel van die oefening nie. En is dit nie n Ford nie? Lyk amper soos een.
Bly steeds n angswekkende manier van sterf – ongeag die rede vir die gejaag of die soort voertuig.

Koos ·

Ek stem saam Shame jy weet nie meer of dit polisie of nie polisie is nie.As dit regtig polisie was moes daar mos meer duidelikheid gewees het.

Ramkat ·

P endorsing,
Uiteindelik vind ek iemand wat met my kan saamstem oor die definisies van botsing, ongeluk en fratsongeluk.
Daarom n botsing is die gevolg van onverantwoordelike optrede van die bestuurder(s) van voertuie.

Ongeluk en fratsongeluk is in wese dieselfde gebeurtenis maar omdat een soort minder gereeld voor kom word dit as n fratsongeluk beskou.
Beskou die geval van n vliegtuig wat buite beheer raak weens ys op sy vlerk. Die vliegtuig val dan op n verlate huis, vernietig homself ,en slaan aan die brand. Agterna word gevind dat twee skirminkels in die verlang huis probeer skuil het teen arrestasie deur polisie.
Wat het nou hier gebeur. n Ongeluk of n fratsongeluk?

Belmarie ·

Kon die Polisie wat die man gejaag het nie die man uit die voertuig help nie?Hoekom moes hulle wag vir die paramedici?

Chris Ws ·

Belmarie,as ‘n voertuig begin brand is hy baie gou in ligte laaie en kan geen mens binne meters van die voertuig kom as gevolg van die ontsettende hitte wat uitgestraal word rondom die voertiug nie.Ek het ‘n groot Ford F250 bakkie sien heeltemal uitbrand in 5 minute.

anton ·

Omdat die polisie niks beteken in die land nie Belmarie.!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.