ʼn Johannesburgse man se vriende het Saterdagmiddag op hom afgekom nadat hy erge brandwonde, glo deur ʼn elektriese skok, opgedoen het.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 16:00 na die huis in Forest Hill ontbied. Daar het hulle die man gevind waar hy op die vloer van die woonkamer gelê het.
“Die man se vriende kon hom glo nie in die hande kry nie en het na sy huis gegaan om ondersoek in te stel. Toe hulle by die huis aankom, het hulle gevind hy het skynbaar ʼn elektriese skok opgedoen en het erge brandwonde oorgehou,” het Vermaak gesê.
Hy het gesê die man is op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is. Die presiese omstandighede van die voorval is nie bekend nie.
Soos die spreukwoord lei ” Skoenmaker hou jou by jou leus”.
Wat praat die mens?
Nou wat weet jy van hierdie geval? In die stuk wat jy gelees het het jy seker jou eie storie op gemaak en nou maar verneem die ou het aan drade gewerk en hy is nie n elektrisien nie?
In die vloer?
Dagsê Zulu
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Mariné
nms Maroela Media