Man brand glo ma se ‘verkragter’ se huis af

Argieffoto (pixabay.com)

Argieffoto (pixabay.com)

ʼn 68-jarige vrou van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal se 28-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo uit weerwraak sy ma se vermeende verkragter se huis aan die brand gesteek het.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die pensioentrekker is Vrydag omstreeks 16:00 glo in haar huis in Snathing verkrag terwyl sy geslaap het.

“Haar vermeende verkragter het haar ook erg aangerand voordat hy van die toneel gevlug het,” het Zwane gesê. “Toe haar seun van die voorval gehoor het, het hy dadelik na die verkragtingsverdagte se huis gegaan. Die man was nie daar nie en die seun het glo sy huis aan die brand gesteek.”

Die polisie het ʼn saak van brandstigting ondersoek en die seun is later die aand in hegtenis geneem. Intussen het die Plessislaer-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings die verkragting ondersoek.

“Die vermeende verkragter is Sondag in die vroeë oggendure in die New Hanover-omgewing in hegtenis geneem by ʼn plek waar hy weggekruip het. Hy is op aanklag van verkragting in hegtenis geneem.”

Die vrou se seun verskyn na verwagting Maandag in die Pietermaritzburg-landdroshof. Die vermeende verkragter sal na verwagting Dinsdag in dieselfde hof verskyn.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die publiek gewaarsku om nie die gereg in eie hande te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bruno Stef ·

Ek kan verstaan waarom die seun die verkragter se huis aan die brand gesteek het net jammer die hele gemeenskap kon hom nie eerste aankeer nie.Die saak sal tien teen een uitgegooi word in die hof weens n gebrek aan getuies .

Theodeen ·

Dis sekerlik sy big buddy in crime daarom waarsku hy dat ons nie gereg in eie hande mag neem nie!! Hy moet seker nog n paar verkragtings uitvoer voor hierdie patetiese regstelsel wat ons het iets sal doen, flippen belaglik man!! 10 uit 10 vir daai seun. Iewers moet ons begin…

vermeende ·

Maroela media is net so liberaal soos naspers.
Die ma moes sekerlik haar verkragter se gesig gesien het. Vermeende is net die mooier woord vir vedagte om die krimineel se dade aftewater.
Hoekom verweis Maroela nie na die seun as vermeende nie, nee sy daad van weerwraak word aan die groot klok gehang sonder simpatie vir dit wat aan sy vamilie en moeder gedoen is.
As jy die artiekel lees dan kom die boodskap deur dat die seun dit verdien om die volle gewig van die reg te voel maar die verkragter word voorgehou as die slagoffer.

Ons land kort meer mense soos die seun.
Glo my ek soe diedselfde doen en meer.

Pietbaard ·

Liewe vermeende
Is jy self ‘n joernalis? Verstaan jy hoekom hierdie mense hulle berigte op ‘n sekere manier skryf? Die berig sê dat hy “glo” die huis afgebrand het.
O ja, kry sommer vir jou ‘n speltoetser ook.

Strydom-:Stryslim eerder ·

Laat hulle n sel deel, hulle het immers tyd saam nodig!

pop ·

Al meer neem mense reg in eie hande, en dit gaan al meer gebeur, Dis al hoe mens gemoedsrus kan kry vir gruwels wat gepleeg is.

Theresa ·

Sotte wat dink hul het die reg om te verkrag, moet reaksie op hul aksies verwag.

Lulu ·

My 62 jarige tannie is 2 jaar gelede in Brits verkrag toe sy gaan stap het. My oom (ma se broer) en al die boere van die gemeenskap het onmiddellik almal begin soek na die “man”wat my tannie naak gelos het sodat sy (vernederd) om hulp moes aanklop by mootlike buurplase in die omgewing. Die hemel hoor my vandag, as ek in Brits was daai tyd, en ek het geweet wie die “man”was, sou ek meer as net sy woning afgebrand het..

Tien uit tien vir die seun vir sy optrede! Ja “2 wrongs doesn’t make a right”, maar woede en frustrasie in hierdie land waar almal net kan doen soos hulle wil, is die rede vir hierdie wraakoptrede. Word wakker SA regering!!!

Eish! ·

Kom ek raai???????????? Die verkragter gaan loskom en die brandstigter gaan dalkies nie lewenslank kry nie, maar wel 20jaar. lol Om reg te wees is deesdae mos verkeerd en om verkeerd te wees reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.