Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die bakkie het na die ongeluk aan die brand geslaan.
“Een persoon was in die brandende bakkie vasgekeer en is op die toneel dood.”
Botha sê die ander man het ligte beserings opgedoen en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Verskriklik om dood te brand hul moet iets doen aan voertuie veiliger te maak met sulke ongelukke.