Man brand in ongeluk dood

Foto: Trauma Response Africa/Facebook

Foto: Trauma Response Africa/Facebook

‘n Man het doodgebrand en nog ‘n persoon is beseer nadat ‘n bakkie en ‘n vragmotor op die N8 buite Bloemfontein in die Vrystaat gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die bakkie het na die ongeluk aan die brand geslaan.

“Een persoon was in die brandende bakkie vasgekeer en is op die toneel dood.”

Botha sê die ander man het ligte beserings opgedoen en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fritz ·

Verskriklik om dood te brand hul moet iets doen aan voertuie veiliger te maak met sulke ongelukke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.