Man brand in substasie dood

Die brandweer op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Man in sy 20’s is Donderdag dood in ʼn brand wat by ʼn substasie in Durban uitgebreek het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê paramedici is omstreeks 16:45 na die toneel in Brickhillweg in Stamford Hill ontbied nadat berigte ontvang is dat ʼn man in die brandende gebou vasgekeer is.

“By paramedici se aankoms op die toneel was die Durban-brandweer reeds besig om brand te blus en het dit vinnig onder beheer gebring,” het Jamieson gesê.

“Die man het in die brand omgekom en is op die toneel deur paramedici dood verklaar.”

Die brand het kragonderbrekings in die omliggende gebiede veroorsaak.

Die oorsaak van die brand is onbekend en word ondersoek. Die polisie ondersoek die omstandighede rakende die man se dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

thinus ·

Seker maar ‘n versamelaar van waardevolle metale en gebruikte elektrise onderdele!

Diklizzy ·

‘n Brand kan baie maklik by ‘n funksionele en operasionele substasie ook ontstaan as een van die masjiene “flash”.

Andries Visagie ·

As dit ‘n werknemer was, my meegevoel. As dit ‘n “versamelaar” was – taai tye, ou perd! Ons dorp se substasies word gereeld geplunder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.