Man brand los op groep buite Mpuma-kroeg

(Argieffoto)

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ʼn saak van moord en drie sake van poging tot moord ná ʼn man op ʼn groep mans buite ʼn kroeg in Hartebeeskop losgebrand het.

Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 27-jarige man is Saterdagoggend in die vroeë oggendure dood en drie persone is tydens die voorval beseer.

“Die groep mans het buite ʼn kroeg gestaan toe daar op hulle geskiet is. Een van die mans is dood ná hy na ʼn kliniek geneem is saam met die ander drie beseerdes.”

Twee van die beseerdes is reeds ontslaan en ʼn derde veg om sy lewe in die hospitaal.

“Die polisie is ontbied en ʼn ondersoek is van stapel gestuur onder die direkte toesig van die waarnemende distrikskommissaris brig. Lizzy Mtungwa,” het Naidoo bygevoeg. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die plaaslike gemeenskap gee hul samewerking aan die polisie en dit blyk dat ʼn inhegtenisneming spoedig sal volg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.