Man brand los op Medupi-werkers

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het Donderdagoggend in Lephalale (Ellisras) op ʼn groep werkers geskiet en twee gewond.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, het gesê die groep werkers het omstreeks 05:00 in Marapong gestaan en wag vir vervoer na die Medupi-kragstasie toe skote van agter af op hulle gevuur is.

“Een persoon is in die maag getref en die ander een se oor is getref. Volgens die inligting wat ons tans het, is net twee skote gevuur,” het Otto gesê.

Die verdagte het te voet gevlug en is steeds soek.

Die polisie ondersoek sake van poging tot moord. Die rede vir die aanval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gideon ·

Dit is seker nie so moeilik nie, daar word van agter op die groep geskiet ,en een het dalk met sy gesig na aanvaller gestaan! Verstaan jy dit zahn?

zahn ·

Nee gideon, ek verstaan dit nie. Lees die artikel, jy sal kan aflei dat die werkers weggedraai was die die onbekende man van agter op hulle begin skiet het. Nie sommiges nie. My vraag was gebaseer op die inligting tot my beskikking, nie aannames soos DALK het een met sy gesig na aanvaller gestaan. Of hoe?

Eish! ·

Wraak agv beurtkrag. Ek weet van ‘n paar mense oor SA wat dood is agv beurtkrag omdat krag (suurstof) hul lewe verkort het. Of plain straight iemand wat gatvol is om te betaal, maar geen krag kry nie.

Peet Schabort ·

Tyd dat die naam “Megawatt Park” van Eskom ook nou moet verander.
Wat van “Metchies Park” ?
Krag = kragteloos = magteloos = moedeloos = eishkom = (gesensor)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.