Man brand self wat meisie laat doodbrand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Bosbokrand in Mpumalanga word vir brandwonde in die hospitaal behandel nadat hy glo sy 23-jarige meisie aan die brand gesteek het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het die voorval Saterdagoggend by Mapulaneng College plaasgevind. “Die man is glo na die meisie se woonstel en na ʼn paar minute was daar ʼn harde geluid,” het Mohlala gesê. “Die man het uit die woonstel gekom en hy was in vlamme gehul. Lede van die gemeenskap kon die vlamme blus.” Hy is na ʼn hospitaal geneem waar hy later glo erken het dat hy die huis en sy meisie aan die brand gesteek het.

Volgens Mohlala sterk die man in die hospitaal aan onder polisiebewaking. “Die verdagte het brandwonde opgedoen en hy staan tereg op aanklag van moord en brandstigting. Hy sal in die hof verskyn sodra hy herstel het.”

Die vrou se naam kan nie bekend gemaak word totdat haar naasbestaandes van haar dood ingelig is nie.

“Ons kan ook nie die verdagte se naam bekend maak totdat hy in die hof verskyn het nie,” het Mohlala bygevoeg. “Sy ouderdom kan nog nie bevestig word nie.”

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Ek hoop hulle sluit hom lewenslank toe. Hy kon soveel meer mense se lewens in gevaar gestel het.

Monique ·

Lyk my dit is nou die nuutste. Die persoon wie jy dink is lief vir jou, wil jou doodmaak. Mense is siek !!!!!!!

lynette ·

Hoe kwaad en haat moet jy in jou he om dit te doen , dit is nie reg nie . Bere hom pappie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.