Man breek deur met byl om ma te verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 43-jarige man van Mpumalanga het Dinsdag in die hof verskyn op ʼn aanklag dat hy sy 73-jarige ma verkrag het.

Brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het om 01:00 op 16 Mei in Acornhoek plaasgevind.

“Die vrou het geslaap en die verdagte het haar deur met ʼn byl oopgekap om toegang tot haar kamer te kry,” het Mohlala gesê. “Die hartelose seun het gedreig om haar te vermoor. Hy het daarna hardhandig uitgetrek en haar verkrag.”

Die slagoffer het eers later vir haar dogter van die voorval vertel, waarna die dogter die polisie in kennis gestel het. Die man is Maandag in hegtenis geneem.

Die naam van die verdagte word weerhou om die ma se identiteit te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pierre Celliers ·

Van die misdade in hierdie land wat plaasvind, byna daagliks, is so barbaars dat dit die nekhare laat regop staan!!! Wat gaan in hierdie “Woestaards” se koppe aan , wonder mens!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.