Man breindood ná gru-aanval in kroeg

Ludi Vink. Foto: Facebook

Ludi Vink. Foto: Facebook

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 30-jarige man breindood verklaar is nadat hy Dinsdagaand in ʼn kroeg in Alberton met ʼn potspelstok in die oog gesteek is.

Ludi Vink was Dinsdagaand by die kroeg in Randhart toe die voorval gebeur het. Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het bevestig Vink is “met ʼn onbekende voorwerp” gesteek en na ʼn hospitaal gehaas. Hy is daar breindood verklaar en is vroeg Donderdagoggend dood.

Masondo het ook bevestig die polisie is bewus van beeldmateriaal van die voorval. Dit vorm deel van die ondersoek. Die grusame beeldmateriaal, wat intussen op YouTube gedeel is, toon hoe Vink langs die potspeltafel in die kroeg staan. ʼn Man in ʼn kraaghemp gryp dan die potspelstok en steek Vink in die gesig, voordat hy omdraai en uit die kameraskoot beweeg.

Iemand hardloop dan nader en trek die stok uit Vink se gesig voordat hy hulp ontbied.

'n Skermskoot uit die video van die aanval.

‘n Skermskoot uit die video van die aanval.

Masondo wou nie bewerings dat die verdagte ʼn bekende skuldinvorderaar in Alberton is bevestig nie en het gesê die polisie kan nie nou meer inligting oor die ondersoek bekend maak nie. Hy het ook berigte, dat ʼn verdagte hom in verband met die voorval aan die polisie oorgegee het, ontken. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Alberton Rekord berig Vink is lank genoeg op lewensondersteuningsmasjiene gehou om sy organe te skenk.

Vink se gebroke ma, Danlee Vink, het vandag op Facebook hulde aan haar seun gebring. “Vandag het ek, al was jy al klaar weg, my laaste totsiens gesê,” het sy geskryf. “My hart is uitgeruk, my siel is in pyn. My liewe, mooie, vriendelike seun. So sinneloos en wreed van my af weggeruk. Elke deeltjie van my is in pyn. Ek is lief vir jou my seun.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Kees ·

Vertel asb op sosiale media wie daardie wreedaard is dat ons almal weet…

Waarom? ·

Waarom? Ja, waarom so ‘n lafhartige en agterbakse daad? Jy wat dit gedoen het verdien nie om met jou pote op hierdie aardbol rond te beweeg!!
Hy is met ‘n “onbekende voorwerp gesteek”? Duidelik is die voorwerp te siene.
Sterkte aan die moeder, familie en vriende.

Alida ·

Ai dit is tragies. Sterkte mevrou. Indien die skurk n invorderaar was besef hy duidelik nie dat die wet op skuldinvordering al jare gelede verander het nie. Sulke barbaarse en platvloerse gedrag word lankal nie meer toegelaat nie.

Daan Erasmus ·

Alida. As ek jou reg verstaan kon jy iemand in die verlede dood gemaak het vir skuld. Toe verander die wet. Nou mag jy nie meer nie?

Dirk ·

Daai lafhartige boef gaan gevang word. Hy sal lekker in die tronk potspel speel…. Hy gaan nie so maklik kan weg loop van daai speletjies nie.

Mel ·

Ek dink hy gaan letterlik en figuurlik “voel” hoe word daar potspel gespeel, sluk maar ‘n vurk in my ou. Sterkte aan Ludi se moeder, geregtigheid sal seevier

Mel ·

Ek dink hy gaan letterlik en figuurlik “voel” hoe word daar potspel gespeel, sluk maar ‘n vurk in my ou. Laat jy kry wat jy verdien!!
Sterkte aan Ludi se moeder, geregtigheid sal seevier

ada ·

Mev. ek dink aan U en U seun is so mooi.Ek hoop die moordenaar van U seun sit die res van sy lewe in die tronk.

L. Wassenaar ·

So ‘n mooi kind. Ek is innig jammer vir sy ma. So jammer mevrou.

AL ·

Sulke barbaarse optredes hoort nie in vandag se samelewing nie. Sterkte my hart breek vir julle.

yvette ·

Aan hierdie mamma, my hart bloei vir jou seer. Ons ken nie mekaar persoonlik, maar weet asb daar word vir jou gebid vir troos. Ek glo jou mooi seun is by Jesus. Jy sal hom weer sien!

Marietjie d toit ·

My hart gaan uit na jou toe moeder.so n pragtige lewenslustige seun. Sterkte aan jou en familie.

Carla ·

Ludi, my vriend is weggeneem oor hy ñ ander ou probeer help het en die fight stop en tragiesen noodlottig het die moordenaar en sy makker hul nie oorgegee nie. Ludi se organe word geskenk maar die grootste geskenk is wat hy in elkeen van ons harte laat, goeie tye saam

MissDemeanor ·

Ek is so jammer dat jul jul vriend, seun, broer so moes verloor. Dit is absoluut gruwelik. Ek hoop dat jul so bietjie troos kan vind deur die dankbaarheid vir die nuwe kans op lewe wat nou geskenk word aan die mense wat sy organe ontvang. Staan sterk en moenie dat woede die liefde in jul harte verdryf nie.

Ken ·

Hoop daai idioot sit lank! Wat ‘n barbaarse, laeklas ding om te doen. So jammer vir Ludi se gesin en vriende.

Ashlee ·

My God, please help the innocent!! Not only Black on White killings, but White on White!! How do you explain this to the World? Can you see now why the World won’t pay attention!! Hell no, why should they.

Andre ·

Kry ek n koue rilling net om aan daardie plekke en dit wat gebeur het te dink !

Corrie Steyn ·

Dit is onmenslik om te doen wat daai vent gedoen het aan Vink,dat wit mense ook nou onder mekaar begin moor
Word daar nie genoeg gemoor op die plase nie?

E.K. ·

WAT ‘n wonderlike, positiewe gebaar om in hierdie hartseer tyd vreugde, liefde en lewe aan ander te verskaf dmv orgaanskenking! Mevrou – jou seun sal voortleef of ‘n besondere manier. Mag dit jou vertroos in hierdie moeilike tyd. Sterkte aan aan sy familie en vriende. Daar behoort genoeg ooggetuies te wees om die skuldige op te spoor so hopelik doen die polisie hul werk baie vinnig.

Karin Harris ·

Ek stem saam net jou!!! So onnodig!!! Laat hy maar gaan sit!! En die feit dat hy nie eers omgegee het om hulp te verleen toe Ludi bewusteloos op die vloer gelê het nie!!! Die skuldige hoord nie in die samelewing nie!!!

...Dexter... ·

Ek sit hier met ‘n bose wolk oor my!!!

‘n Jong man met sy hele lewe voor hom, is gevat deur ‘n slymbal wat nie eers seker sy eie skoenveters kan knoop nie!!! Ek wens soms dat ek “justice” in my eie hande kan neem, soos in die film “Law Abiding Citizen”………….

My Hart gaan uit aan sy Familie, Vriend, Verloofde! HERE hou hul Harte van Verstand sterk! Gaan saam met hulle deur die Harstseer, laat hulle altyd net die positief van Ludi onthou…

Medeleser gaan kyk asb na sy INSTAGRAM fotos, ek glo ek mag die link paste nie… Wat ‘n lewenslustige man!

Mag die Moordenaar in “Immortality” lewe, en sy gewete altyd by hom spook!

Benita ·

Dis baie tragies en barbaars. Sy dood is n tragedie, maar nie n “waste” nie, deurdat sy organe geskenk is. Dankie Mev Vink dat jy ander ouers/kinders die hartseer van die afsterwe van n geliefde gespaar het.
Ek wonder wel, as die persoon (wat probeer help het) nie die stok uitgetrek het nie of dit dalk die verskil tussen lewe en dood was nie.

Penelope ·

Rus in vrede Ludi. Baie sterkte vir al sy Familie en vriende in hierdie droewige tyd.
Dexter, ek stem volkome saam met alles wat jy skryf.
Aan die moordenaar: God slaap nie! Jy sal nooit weer vry wees nie….

cor ·

So ‘n barbaar maar sy verskoning gaan wees hy was onder die invloed en het nie geweet wat hy doen nie.Nou is hy nog te lafhartig om homself te gaan oorgee nou nie meer so braaf nie . Hy gaan seker ook nou by die 27’s of 28’s bende aansliut en hulle skuld invorder in die tronk.

,

Regtig sad ·

Dit is regtig sad dat ‘n lewe so min werd is, dat mens sommer net links en regs doodmaak as jy oor iets nie saamstem of vies is vir iemand! Aan hierdie Moeder, mag jy meer ganade ontvang as waarvoor jy hoop, ek dink met dierbaarheid en liefde aan jou.

Ria Calitz ·

Geen mens wat n ander se lewe vat verdien om te lewe nie…… hoe kan hul, dieselfde gaan vir Oscar en elke liewe moordenaar wat n Boer vermoor, lewe lekker in die tronk, Brood, pap, slaapplek, rapist included, want dis n deel van iemand se lewe wat gevat word ook. BRING TERUG DIE DOODSTRAF!!!

ria ·

Hoeveel onskuldige mense moet nog gaan voor daar iets daaraan gedoen word, Moordenaars en Rapists laat hul gehang word, hoe kan hul voortleef as hul iemand se lewe sommer net so wegvat, lewe lekker in die tronke, pap, brood, water word voorsien, hul verdien niks nie. Bring doodstraf terug……

Anna Pansegrouw ·

Innige simpatie ook aan pa Ludi. My hart gaan uit na julle familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.