Man buite casino geskiet, beroof

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Man wat glo van ʼn bank af deur ʼn groep rowers agtervolg is, is Woensdag in die parkeergebied van die Suncoast Casino in Durban geskiet en van sowat R150 000 beroof.

ʼn Verslaggewer van News24 was op die toneel waar hy meegedeel is dat die man glo R150 000 van die Standard Bank in Kingsmead onttrek het. Hy is glo deur rowers tot by die casino agtervolg waar hulle hom oorval het.

Na wat verneem word wou die verdagtes hom met ʼn skerp voorwerp aanval. Die man het hom glo verset en is in die arm en been geskiet, voordat die rowers met hul buit gevlug het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het gesê die man het twee koeëlwonde opgedoen en is in ʼn stabiele toestand in die St. Augustine-hospitaal.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie. Volgens Zwane is die polisie op soek na drie verdagtes.

Nicole East, woordvoerder van die casino, het bevestig dat ʼn besoeker vroeër die dag buite die hotel beroof is deur mans wat hom glo van ʼn bank af agtervolg het. “Die polisie en nooddienste is dadelik ontbied,” het East gesê.

News 24

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

snip ·

Dis vreeslik dat iemand van so baie geld beroof word. Hy moes miskien dit en miskien dat gedoen het om veiliger te wees, maar punt bly staan, dis makliker in Suid Afrika om te steel as om vroeg op te staan en jou geld op n eerlike manier te verdien. Ons as eerlike burgers van die land het geen vryheid en kan nie meet kom en gaan en dinge doen soos ons wil en wat ons plesier verskaf nie, want jy moet alles rondom veiligheid beplan en mens is ook net absoluut nêrens veilig nie, nie eers met vakansie as jy eintlik veronderstel is om te rus en bietjie buite jou gewone omstandighede te beweeg nie, selfs daar moet jy oor jou skouer loer. Dis aaklig om so te lewe.

Charlene ·

Kyk ek voel jammer vir die ou – baie jammer want dis ongelooflik baie geld, ek maak omtrent dit in `n jaar, so dis baie. MAAAAAAAAR hoekom met so baie kontant rond loop as jy na buite gaan, skelms hou jou dop in sulke plekke… Sterkte

scalla ·

Inside information, met die ondersoek, begin sommer by die bankamptenaar wat klient gehelp het,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.