Man buite hoërskool doodgeskiet

Foto: Netcare 911

ʼn Man is Vrydagmiddag doodgeskiet terwyl hy buite ʼn hoërskool in Tongaat, KwaZulu-Natal, gewag het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 13:40 na die toneel ontbied buite ʼn skool op die R617 in die Esenembe-gebied. Herbst sê by hul aankoms het hulle die man met koeëlwonde in sy kop en nek aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê die man het gewag om leerders van die skool op te laai. Die man se vuurwapen is ook tydens die voorval geroof.

Die motief vir die moord is nog nie deur die polisie bevestig nie, maar daar word bespiegel dat die voorval met taxigeweld verband hou.

Foto: Netcare 911

North Coast Courier berig ʼn bron by die Umhlali SAPD het gesê die man het ʼn saamryklub vir leerders bedryf en dat daar spanning tussen dié drywers en taxibestuurders is aangesien hulle kompetisie vir mekaar bied.

Maroela Media het die provinsiale polisiewoordvoerder om kommentaar genader en wag op terugvoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Veritas ·

Of ons dit nou erken of nie, SA is in sy peetjie. Hier lewe ons volgens die wet van die oerwoud. Die sterke oorleef en verdelg alles voor hom. Alle kompetisie vir die prooi moet uitgewis word. Enigeen wat net skeef in jou rigting kyk moet rekenskap gee. My buurman beter voortaan eerder ophou kla as ek Sondagmiddag grassny.

Lerato ·

Veritas
As jou buurvrou mooi is glo ek jy sny haar gras verniet

Veritas ·

Lerato ja. Ek sny haar gras as haar man uitstedig is en dit nie kan doen nie .

Michael ·

Ek sal dit weer se TAXI’s is die grootste misdadigers op ons paaie en in ons samelewing. En Veritas jy kon dit nie beter stel nie.

Liberaal ·

Dis nie polities korrek om taxibestuurders aan te sê nie ongeag wat hulle doen. As julle nie daarvan hou nie hou op om liberale media en ondernemings te ondersteun.

humor ·

en die regring is so papsakkig dat hulle nie eens die taxibedryf kan aanspreek nie. Ook hulle stemme word benodig.

Juffrou ·

Gaan net Maandag my vakbond nader om my te help met’n aansoek vir “danger pay”.

Ai ·

Gee niemand die reg om iemand dood te maak nie. Dalk was dit n pa wat sy kinders en maats eerder self veilig wil vervoer. Nou moes hy dalk boet vir taxibestuurders wat in elkgeval baie onskuldige mense se lewens daagliks verwoes!

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis Afrika. Jy het ‘n graad in Kern-fisika en ek het ‘n AK 47 daarom maak ons soos ek sê…..en as jy nie daarvan hou nie, skiet ek jou, en dan maak ons soos ek sê!! Wat hiervan verstaan julle nie?

jakes ·

En so sorter hulle mekaar een vir een uit. Wille weste op sy beste. Ek moes lankal in die begrafnisbedryf ingekoop het want dis waar die geld is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.