Die polisie in Kaapstad het bevestig dat ʼn man Woensdag buite die Khayelitsha-landdroshof doodgeskiet is.
Lt. kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 09:20 plaasgevind.
Traut wou nie kommentaar lewer oor die identiteit van die slagoffer of bevestig dat hy ʼn bendelid was nie.
“Daar word beweer dat twee ander persone ook tydens die voorval beseer is en die toneel verlaat het om mediese hulp te soek. ʼn Onbekende verdagte het van die toneel gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie,” het hy gesê.
moontlikheid:
as jy te veel weet, gaan die son môre nie vir jou opkom nie