Man buite huis doodgeskiet, kind (3) gewond in huis gevind  

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord nadat ʼn man doodgeskiet en ʼn driejarige kind met ʼn skietwond gelaat is.

Kapt. Bernard Matimulane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dié skietvoorval het Donderdag omstreeks 06:00 in Moagistraat in Ivory Park in die ooste van Johannesburg plaasgevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn man, vermoedelik in sy 40’s, is vanoggend vroeg in die bestuurdersitplek van ʼn motor aangetref. Die motor was in die straat buite ʼn huis geparkeer.

“Paramedici het die man ondersoek en bevestig hy het ʼn noodlottige skietwond opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Paramedici het ook in die huis ingelei ʼn driejarige kind met ʼn skietwond aan sy been aangetref.

“Paramedici het die seun behandel en vir hom pynmedikasie toegedien voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling,” het Meiring gesê.

Matimulane het gesê die motief vir die skietery is in dié stadium nog onbekend. “Ons sal die saak ondersoek en enige moontlike leidrade opvolg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Terrible ·

Dis nou die wetsgehoorsame burgers van SA me. Sisulu. Jy is voorwaar ‘n staatmaker.

Susan ·

Sien, dit is nie nét wit mense wat aangeval en vermoor word nie. Ons moet ALMAL opstaan teen misdaad en enige verdagte persoon aan die polisie raporteer. Selfs al is dit jou kind. Baie mense het juis in die tronk al hulle lewe heeltemal verander. Moet niemand onder geen omstandighede probeer beskerm nie. Dit gaan net van kwaad na erger.

@ SUSAN ·

Neewat hulle wil nie regtig nie . AS iets nie DIREK iemand aanraak nie, bekommer hy homself nie daaroor nie en sal hy ook nie saam met ander mense daarvoor veg nie. As ons van plaasmoorde praat se hulle direk daar is ook township moorde en bendegeweld .. so dit lyk asof hulle die townshipmoorde en bendegeweld goedkeur so hoekom nie ook plaasmoorde nie .. die gemeenskap het afgestomp geraak en sal baie harder protesteer TEEN Afrikaans en TEEN standbeelde as TEEN misdaad!

Nita ·

Maar een feit bly staan soos n paal bo water! Baie meer witmense word deur swart mense vermoor as andersom. Is daar enige iemand wat die feit bestry?

bollie ·

Slegs 8% van die bevolking is wit. Klink vir my logies. Ook witmense word meestal vermoor in die pleeg van vermoens misdade soos diefstal en roof. Witmense is persentasiegewys ekonomies beter af as swartmense wat dit logies maak dat swartmense meer geneig sal wees om vermoensmisdade te pleeg. Klap hande vir Apartheid wat hierdie ekonomiese ongelykhede teweeggebring het. Ons pluk nou die vrugte.

Sonja ·

Ongeag nou wíé onder misdaad deurloop – EEN DING is verseker. Geweld is nou besig om lelik hand uit te ruk landwyd. Wit, swart, bruin ens word almal geraak. Dít terwyl ene Me. Sisulu in ontkenning leef oor wat aangaan.

Kan my nie indink hoe enige mens op ‘n 3-jarige skiet nie!! Liewe hemel waarheen gaan hierdie land???!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.