Man buite huis met byl aangeval

Foto: Verskaf.

ʼn 33-jarige man is ernstig beseer toe hy met ʼn byl buite sy huis in die Olievenhoutbosch-nedersetting in Centurion aangeval is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Maandagaand plaasgevind.

“Paramedici is deur die plaaslike owerhede na die toneel ontbied. Die man is glo laat [Maandagaand] buite sy huis aangerand. Hy kon daarin slaag om in die huis in te kruip en is eers vanoggend daar aangetref,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring het die man veelvuldige beserings opgedoen en was hy in ʼn ernstige toestand.

Die man is op die toneel met pynverdowingsmedikasie behandel voordat hy na ʼn nabygeleë provinsiale hospitaal vervoer is.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.