Man buite nagklub doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 26-jarige man Maandag in die vroeë oggendure buite ʼn nagklub in Pietermaritzburg doodgeskiet is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 02:15 na die toneel in Imbali ontbied waar hulle gevind het dat twee mans geskiet is. “Daar is ʼn kliniek oorkant die nagklub en met paramedici se aankoms was van die kliniekpersoneel reeds besig om die mans te behandel,” het Meiring gesê.

“Albei mans het veelvuldige skietwonde opgedoen en een het reeds op die toneel aan sy wonde beswyk. Die tweede man was in ʼn kritieke toestand. Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.”

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. “ʼn Saak van moord en poging tot moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

KarooKlong ·

Sommer so boem boem, draai om en loop weg. Hoe bepaal mens wat is ‘n lewe werd vandag?

Marianne ·

Dis sad maar dit gebeur daagliks! Waar kry mense nee monsters gewere? Hoe kan hulle nie vasgetrek word nie?
Die SAPS moet optree of……… Voorsien hulle dalk die wapens?

Mamparra ·

Ek verstom my hoe “verbaas” mense is op hierdie forum. Weet nie wat aangaan om hulle nie. Dis net vrae….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.