Man buite PE-laerskool geskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man is Vrydagoggend buite ʼn laerskool in Port Elizabeth geskiet, oomblikke nadat hy sy verloofde, ʼn onderwyseres, by die skool afgelaai het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het nie die naam van die skool bevestig nie, maar het gesê die skool is in Shauderville, in die noorde van die stad.

Naidu het gesê die 29-jarige man, wat glo ʼn bekende bendelid is, is in sy motor geskiet toe hy omstreeks 07:50 by die skoolhek uitgery het. Die skote is glo vanuit ʼn wit VW Golf geskiet, wat onmiddellik van die toneel weggejaag het.

“Die man het drie koeëlwonde in sy linkerskouer opgedoen en is na ʼn hospitaal gehaas. ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek,” het Naidu gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

tamboti ·

Man ‘n bekende bendelid, verloofde onderwyseres? My wereld.

DPJ ·

Bende bedrywighede is oorals in die KAAP.
As jy jag moet jy maar altyd oor jou kouer loer.

Sarie 2 ·

Dit verstom my, dat ‘n meisie wat duidelik redelik intelligent is, hoegenaamd met ‘n bendelid gemoeid kan of wil wees. Sy stel haar eie lewe, sowel as diè van àlmal rondom haar in gevààr, & dit sluit die personeel & leerders ook in. Dis àlom bekend dat lede van die verskillende bendes, gedurig in ‘n oorlog gewikkel is!!! En hulle gee nie om, om bystanders wat in die spervuur kom, òòk te skiet nie….

DPJ ·

Die Kaap is vol van bendes.
Waar liefde kon staan die meisies ververstand stil en kan en mag iemand haar waarsku nie.

DPJ ·

Onthou die KAAP is vol bendes. Ja ‘n meisie wat verlief is dink nie met haar kop nie!

Realis ·

President Barack Obama van die VSA, jy dink jy het probleme!
Ons noem dit: “Made in South Africa”
Sommer 6 in een week. (die wat ons van kennis dra)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.