Man buite PE-winkelsentrum geskiet

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie in Kabega Park ondersoek ʼn saak van poging tot moord ná ʼn skietery Woensdag by ʼn winkelsentrum in Gqeberha (Port Elizabeth).

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 21-jarige man het die middag omstreeks 13:30 saam met kollegas buite die winkelsentrum se ingang gesit toe ʼn skoot onverwags afgevuur is. “Hulle het gesit en gesels toe ʼn skoot afgevuur is. Die man is getref en hy het geval.”

Die man het ʼn besering aan sy bobeen opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem. Die motief vir die skietery is onbekend.

Enigiemand met inligting word versoek om Kabega Park-speurders te kontak by 082 302 6159.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lida ·

Het met vorige nuus oor bejaardes se moord gesê dankie ek bly nie daar en kyk alweer????

Christine ·

Begin gewone burgers nou slagoffers word van skyfskieters?

Surfer ·

Dink daai was n kriminele groep wat wou “affirmative shopping” doen, maar hulle het te vroeg begin skiet. LOL.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.