Man buite plaashuis geskiet

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Man is Vrydag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe in die Erasmia-omgewing in die weste van Centurion geskiet, nadat hy geluide buite gehoor en ondersoek gaan instel het.

Izak Pieters, voorsitter van die plaaslike AfriForum-buurtwag wat ook op die toneel was, het aan Maroela Media gesê Chris De Beer het omstreeks 01:15 wakker geword van sy honde wat blaf. Hy het geluide buite gehoor en die deur oopgemaak sodat die honde kan uitgaan voordat hy self ook buitentoe gegaan het.

“Toe hy uitstap, het hulle twee skote op hom geskiet. Een was mis, maar die tweede een het hom in sy bobeen getref,” het Pieters gesê. “Hy het terug in die huis in en op met die trappe na die tweede verdieping van die huis gehardloop. Terselfdertyd het twee verdagtes die huis ingekom en sommer lukraak ʼn paar skote in die plafon geskiet.”

Volgens Pieters het die twee rowers met ʼn skootrekenaar, twee selfone en ʼn paar ander items op die vlug geslaan. Dit het later aan die lig gekom dat hulle die heining agter die huis stukkend geknip het om in die erf te kom.

“Chris het hulp ontbied en die polisie, nooddienste en ʼn privaat veiligheidsmaatskappy was op die toneel. Ons het die spore van die aanvallers gevolg tot daar waar dit by ʼn rotsagtige gedeelte weggeraak het,” het Pieters gesê.

De Beer is ná die voorval in die hospitaal opgeneem en het Vrydagoggend aan Maroela Media gesê hy wag nog om te hoor of hy geopereer sal word.

Kapt. Thomas Mufamadi, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê ʼn saak van huisroof en poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Grap ·

Ons weier mos om paraat te wees ons lees nie elke dag in die koerante hoe mense vermoor word nie en ons het maar ‘n houding van dit sal nooit met my gebeur nie want ons word veilig gehou deur die beste polisie in die wêreld ???

JC ·

Uitstekende kommentaar Grap. Die sarkasme is dik aangesmeer hehe!
Miskien is dit wat die ouens nodig het om hul te snap uit hul beswyming uit en te laat besef hul moet paraat wees. Ek weet nie waarom gaan die mense uit nie!! So gee jy die kriminele die oorhand. Bly binne die huis, so het JY die oorhand!! Laat die honde dan maar uitgaan (die arme honde!) maar bly om hemelsnaam binne!! Dit is al hoe jy jou lewe EN jou eiendom gaan beskerm. Skiet dan wanneer hulle die huis binnetree!! dan sal die SAPD/NVG jou ook nie kan lastig valnie.

jennefer ·

Seker die lig ook aangeskakel, en toe in die deurraam gaan staan.

Frannie ·

Ai, wanneer gaan SA’ners leer en besef dat hulle nie Ironman is nie en nie bulletproof is nie?!

koos ·

Frannie jy slaan die spyker op die kop.Hy kan bly wees hy leef nog.Ek hoop mense sien die berig en leer daarby.

Annetjie ·

Skiet eerste!!! Hulle is op jou eiendom om skade, moorde, diefstal ens aan onskuldige burgers te berokken. Ek begin dink dit is die ANC se manier om “genocide” te pleeg op hierdie veragtelige agteraf metode. Hulle elimineer die wit gemeenskap stadig maar seker sonder om te veel internationale aandag te trek.

LeonR ·

Jip, ek het eerste geskiet na die lid my met ‘n mes gedreig het, maar, “you never take a knife to a gunfight!”

Ek was toegesluit en die saak is hangende, ek is van moord aangekla.

Sterkte daar, dit is nie aangenaam as die SAP jou soos die krimineel behandel nie.

Anti regering ·

Die gesegde is mense doen aan jou wat jy hulle toelaat en dit is wat van die plaaseienaars doen ,hulle is maklike teikens en daarom neem plaasaanvalle toe.

Sid ·

GRAP – Ek/ons as lid van die mag kan nie orals wees waar boosdoeners is nie, al wil ons ook. Hoeveel keer is daar al gepleit moenie uit jou huis uitgaan as jy iets hoor buite nie. Kontak jou bure as jy het, maak kontak met jou buurtwag of sekuriteits firmas in jou omgewing. Help nie om alle lede te brandmerk as sleg nie Jy /ons wen niks daardeur om net te kritiseer nie. Wat doen jy om jou omgewing veiliger te maak en sodoende ons te help.

JC ·

Dankie Sid, ons as Afrikaanse gemeenskap waardeer die werk wat jy en die SAPD doen.
Jy moet net ingedagte hou mense is al vuisvoos en moeg vir al die geweld, en dis waarom hulle so reageer. Hulle weet die SAPD doen goeie werk sover hul kan, maar vertrou nie die regering in geheel nie, met goeie rede!! Jou raad is uitstekend, en ek wens mense kan dit ter harte neem. Totdat gemeenskappe nader beweeg aan mekaar en mekaar ondersteun sal die gewled aanhou. Ken jou bure, Ken JOU mense, patrolleer! Mense sal ‘n kopskuif moet begin maak en begin saamstaan en paraat wees. Dit is al hoe hierdie oorlog gewen gaan word. Die alternatief is stadige uitwissing. Annetjie se kommentaar hierby is in my opinie ook baie tekenend.

Lou ·

Die skuldige ou is nie Chris de Beer nie. Hoekom val julle hom aan? Is julle aan die kroeks se kant? Ek weier om binne my huis te sit en bewe.

Jaco Grobler ·

Niemand skaar hulle by die kriminele nie, maar mens moet jou aanpas by jou omstandighede, sal jy in jou onderbroek werk toe gaan as dit sneeu? Nee, jy tref voorsorg teen koue deur genoeg klere aan te trek. Om paraat te wees is beslis nie om in jou huis weg te kruip nie, dit beteken om gereed en voorbereid te wees vir wat kom, of moontlik kan gebeur.

Lewies ·

Ek wonder partykeer of iemand al ondersoek gedoen het omtrent die skurke wat sogenaam gevonnis is, wel agter tralies is en hulle tyd uitdien. Hoe sal ons ooit weet watter is al vry om die “genocide” voort te sit. Vra maar net.

Sarie Joubert ·

Ek bly in India. ‘n Vriend is in kontak met a swart persoon van Johannesburg. Hy skilder nie ‘n mooi prentjie van wat gaan gebeur nie. Die plan is blykbaar om 10,000 blankes per dag te vermoor. Die inligting kom blykbaar van die EFF af..my vriend het Malema se naam genoem.

Fred ·

Hi Leon, beter nie jou maatskappy epos gebruik en liewers jou private. Onthou jy is ” ambassadeur ” van jou maatskappy en is volgens verantwoordelik en vervolglik vir enige sosiale uitlatings.

Ben Prinsloo ·

Lou dit gaan nie hier oor bang of braaf nie. Dit gaan hier oor oorlewing en gesonde verstand. Sou so iets met jou gebeur bly in jou huis as jy alleen is totdat versterkings opdaag, hetsy jou buurman, buurtwag of die SAPS. Maar om alleen uit te gaan speel jy in die drek se hande, dit is wat hulle wil hê. Dan word jy baie vinnig “ge ambush” en jy word nog deel van die statistiek. Dit wil niemand hê nie. Hitler het een maal gesê hou op om te wil sterf vir jou land. Maak dood die vyand sodat hulle in eer vir hulle land kan sterf. Hou jy aan lewe en veg vir joune. Alleenlik dan kan ons wen.

Janette Bruwer ·

Om sommer so uit te stap is amper so goed as selfmoord.

Andre ·

Ek voel jammer vir die persoon en haat verag die daad,maar hoeveel keer moet daar nog gese word om nie in die nag uit te gaan as jy jy iets hoor nie,jy is n oop teiken en moet eerder eerste hulp ontbied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.