Man buite stadion doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn 68-jarige man is Saterdag omstreeks 16:30 buite die North End-sokkerstadion in Oos-Londen doodgeskiet, terwyl twee ander mans gewond is.

Kapt. Hazel Mqala, woordvoerder van die polisie, sê voorlopige inligting dui daarop dat die oorledene in sy bors geskiet is, waarna die tweede man, wat vermoedelik sy drywer was, ook in die bolyf geskiet is. “Nog ʼn omstander is in sy onderlyf geskiet. Die twee beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas,” sê Mqala.

Die motief vir die skietery is tans onbekend en Mqala wou nie daaroor bespiegel nie. Sy het bevestig sake van moord en poging tot moord word ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die polisie doen ʼn beroep op mense om na vore te kom met inligting wat hulle kan help om die skuldiges vas te trek. Enige inligting kan by die Oos-Londen-polisiestasie by 043 707 0600 of Stop Misdaad by 0860 010 111 aangemeld word.

Inligting sal streng vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

PaulV ·

Adri; dit is skokkend dat jy ‘n ‘grap’ hiervan kan maak. Iemand is dood en twee mense is ernstig gewond.
Sterkte aan die familie en vriende van die drie mans.

Cherokee ·

‘Die tweede man wat vermoedelik die eerste een se drywer was, is ook geskiet.’
Nou wat is julle probleem met Adri se kommentaar? Sy het bloot tong in die kies gewys op verkeerde woordgebruik. Moet nie ‘n pyn wees nie; Adri het niemand te na gekom nie.

PaulV ·

Trieng-trieng; volgens die berig was die tweede man wat geskiet is vermoedelik die oorledene se drywer. Dit is waarna Adri verwys.

PaulV ·

Maroela Media; mense gaan nie die Stop Misdaad-nommer as 0860 010 111 onthou nie. Weergee dit eerder soos julle gewoonlik maak as 08600 10111. Dankie.

Asjas ·

Hoekom wil jy ‘n nommer onthou wat inelkgeval nie werk nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.