Man buite Umhlanga-bank geskiet

Die owerhede op die toneel. (Foto: Netcare 911)

’n Man is Dinsdagmiddag by ’n winkelsentrum in Umhlanga, noord van Durban, geskiet toe hy en nog ’n persoon kontant by ’n kitsbank wou trek.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê twee mense het kontant by die kitsbank onttrek toe hulle deur twee gewapende verdagtes oorval is. Die verdagtes het hulle van hul kontant beroof en skote is afgevuur.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die man is in die linkerarm getref.

Paramedici is omstreeks 15:34 na die toneel ontbied hoewel die man met private vervoer na ’n hospitaal vir mediese behandeling geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Casper ·

Suid Afrikaners kan hulle maar regmaak vir ‘n geweld geteisterde kersseisoen.Met soveel onwettige vuurwapens in omloop het misdadigers roof en moor vir geld.

ElizeK ·

Ja Casper en die bevoegde ou wat binne die wet wil bly moet sy wapen inhandig en dan word jy sommer ingelig dat jou lisensie tot n jaar kan vat agv geweldige agterstand.
Dus is jy vir n jaar lank uitgelewer aan misdadigers.

Danie ·

SA beweeg nie vorentoe nie hulle beweeg terug na die verlede soos in die ou Western movies waar die koets met die goud of geld beroof word en banke en selfs mense beroof en vermoor word. Hollywood kan n goeie fliek van SA kom maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.