Man buite vriend se huis in Oos-Rand doodgeskiet

Argieffoto (SAPD, Facebook)

Argieffoto (SAPD, Facebook)

ʼn Man is dood en ʼn ander beseer tydens ʼn skietery Dinsdagmiddag in Boksburg aan die Oos-Rand.

Volgens kapt. Tsekiso Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder, het die skietery buite ʼn huis in De Havillandlaan in Impalapark plaasgevind. “Die huishulp het ʼn verdagte voertuig buite die huis opgemerk en haar werkgewer by sy werk geskakel om hom in kennis te stel,” het Mofokeng gesê.

Die huiseienaar en ʼn vriend is na die huis om te gaan ondersoek instel. “Die twee mans het die mense in die voertuig gekonfronteer, waarna die persone op hulle geskiet het.”

Die huiseienaar is ernstig gewond en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die ander man is op die toneel dood. Die rede vir die aanval is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.

Mofokeng het gesê die huishulp is ongedeerd, maar getraumatiseer. Sy gaan berading ontvang. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.