Man buite winkel doodgeslaan

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Man in sy 40’s is Saterdagoggend buite ʼn winkel in CJ Langenhovenweg in George in die Wes-Kaap doodgeslaan.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê polisiebeamptes was omstreeks 09:30 op roetinepatrollie toe hulle op die toneel afgekom het.

“Na wat verneem word, het die oorledene en ʼn ander man, vermoedelik albei haweloses, in ʼn rusie betrokke geraak. Die oorledene het die ander man op die grond vasgedruk en met hom gestoei, toe die man wat op die grond gelê het se meisie tussenbeide getree en die slagoffer na bewering drie keer met ʼn besemstok teen die agterkant van sy kop geslaan het,” het Pojie gesê.

Paramedici van ER24 is na die toneel ontbied.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê by paramedici se aankoms op die toneel is die man op die sypaadjie voor ʼn winkel aangetref.

“Die man het noodlottige wonde aan sy kop opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.

Volgens Pojie is dit nog nie duidelik wat tot die konfrontasie gelei het nie.

“Die ander man en sy meisie is op die toneel in hegtenis geneem en is tans in aanhouding by die George-polisiestasie.”

Die man en die vrou moet binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

thinus ·

Dit was noodweer, en ‘n klag van manslag sou korrek wees!

Wat nou ·

Die man wat onder was het mos nou niks verkeerd gedoen wat opsluit regverdig nie. Die vrou het ingegryp om te help, is dit nie reeds die regte ding om te doen as jou geliefde aangeval word nie?

JoeV ·

Vreemd dat die meisie haar kerel beskerm en dan in hegtenis geneem word, maar aan die ander kant as mens nie ‘n vaste adres het nie dan is dit seker so.

Cherokee ·

Van wanneer af verontskuldig ‘n adres enigeen? Die eerste deel van jou stelling is sinvol.

Wonder net ·

Wonder vandag rerig net hier oor. Ja hulle is nie meer haweloos Snoefie. Lekker gelag daaroor. Ek het ń ruk terug.haweloses hier en daar kos gegee uit my eie bietjie. Op ń dag toe ek nie het word ek geskel vir alles wat sleg is. Wonder maar net nog ń keer

RH ·

Lol! Ja. Asb. Hy moet ook aangekla word vir poging tot moorde of iets. Dis soos mense wat in n botsing of iets almal dood is maar n docket word oop gemaak teen wie want almal is oorlede????

Waarheid ·

Boosheid skuil dikwels in die binnekring.
Die drie was dalk voor dié insident “saam”
maw daar was niks boos maar nouja…lees
maar self vandag se “Gedagte vir die dag”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.