Man by besige kruising doodgery

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is dood nadat hy Dinsdag by ʼn besige kruising in Johannesburg raakgery is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn klein bakkie het die man by die kruising van Ontdekkers- en William Nicolweg in Floracliffe getref.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Paramedici se het die man se liggaam in die middel van die kruising aangetref,” het Meiring gesê.

Hulle het die man ondersoek en geen tekens van lewe gevind nie. “Hy het verskeie noodlottige beserings opgedoen. Ongelukkig kon paramedici niks vir hom doen nie en hy is dood verklaar.”

Die bestuurder van die bakkie is ongedeerd, maar was sigbaar getraumatiseer.

Die kruising is vir verkeer gesluit terwyl owerhede ondersoek ingestel het.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ekke ·

Jammer vir die verlies van nog n lewe. Sterkte aan die naasbestaandes. Ek wat self n bestuurder is het al gevind dat sommige mense kleurblind is hulle loop net oor sonder om te kyk of daar aankomende verkeer is hulle loop sommer net voor jou in want n voetganger geniet mos altyd voorrang. As die lig rooi is dan beteken dit staan stil as die lig groen is beteken dit jy kan maar oorstap by n voetoorgang. Daardie dubbel strepe by n verkeerslig is selfde as voetoorgang vir voetgangers. Ek se maar net.

Pam ·

Ai, dis hartseer. Baie sterkte aan sy familie en naasbestaandes. Bedelaars by kruisings hou ook n groot gevaar in vir hulself en ook vir motoriste.

E.K. ·

Pam – NET SO! Ek krimp altyd ineen as ek sien hoe naby mens soms aan die bedelaars meot ry en dat jy amper self in ‘n ander ongeluk betrokke raak agv van hulle. Dis geensins n plek om te staan en baie van hulle vleg deur die motors en staan heeltemal in die pad. Hoe gaan mens voel as jy een raakry – en dit sal eintlik nie jou skuld wees want dit is nie ‘n plek vir voetgangers nie. Tog gaan jy vir altyd met daardie beeld in jou gedagtes moet lewe. HOEKOM tree owerhede nie baie streng op teen hierdie mense nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.