Man by Edenvale-winkelsentrum doodgeskiet

Die toneel. Foto: Facebook

Die toneel. Foto: Facebook

ʼn Man is doodgeskiet terwyl nog ʼn man in hegtenis geneem is by ʼn winkelsentrum in Edenvale aan die Oos-Rand.

Ao. Jean Olckers, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die blitspatrollie was besig met roetinepatrollie, toe hulle twee verdagte mans in die Greenstone Crescent-winkelsentrum se parkeerarea opgemerk het. “Die beamptes het die mans genader, waarna een van die mans ʼn vuurwapen uitgepluk het.”

Volgens Olckers het beamptes op die man losgebrand nog voordat hy op hulle kon skiet en hy is noodlottig gewond. “Die ander man is in hegtenis geneem en die polisie het op die vuurwapen beslag gelê.” Olckers het gesê hulle vermoed die mans wou ʼn winkel by die sentrum beroof. Die saak word ondersoek en die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het intussen gesê die man, glo in sy 20’s, is in die kop en maag geskiet en is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert ·

Baie goed, dankie aan die polisie beamptes wat dadelik en met akuraatheid opgetree het.

Perfectly ready ·

Perfectly gereed Polisie, jul lewe was bedreig en jul was gereed en kon verhoed dat hy iemand skiet,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.