
Paramedici van Netcare 911 het die swaargewonde man eers op die toneel behandel en toe hospitaal toe gebring. Foto: Netcare 911 via Facebook
Paramedici van die nooddiens Netcare 911 het Saterdagoggend kort ná 02:00 gereageer op berigte van ʼn skietery by ʼn eetplek in Oxfordstraat, Sandton.
ʼn Volwasse man is vermoedelik in sy maag geskiet in wat blyk ʼn gewapende rooftog te wees.
Weens die ernstige aard van sy beserings het hy gevorderde lewensondersteuning op die toneel gekry en is daarna na ʼn nabygeleë hospitaal vir verder behandeling gebring.
Netcare 911 sê alle betrokke owerhede het ondersoek op die toneel kom instel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Ek is nou al so keelvol vir al die misdaad!!!
Jammer om te sê, maar in hierdie dwase land gaan dit nie ophou nie.
In ons land om 2uur die oggend nog by n eetplek te sit soek maar moeilikheid. Moes al lankal by die huis gewees het agter slot en grendel.
Dis is wél so dat die goeie mense hulleself moet toesluit in tronke, terwyl misdadigers maak soos hulle wil. Ek verlang na veiliger tye.
Beterskap aan die slagoffer met sy trauma en beserings.