Man by eetplek in Sandton gewond

Paramedici van Netcare 911 het die swaargewonde man eers op die toneel behandel en toe hospitaal toe gebring. Foto: Netcare 911 via Facebook

Paramedici van die nooddiens Netcare 911 het Saterdagoggend kort ná 02:00 gereageer op berigte van ʼn skietery by ʼn eetplek in Oxfordstraat, Sandton.

ʼn Volwasse man is vermoedelik in sy maag geskiet in wat blyk ʼn gewapende rooftog te wees.

Weens die ernstige aard van sy beserings het hy gevorderde lewensondersteuning op die toneel gekry en is daarna na ʼn nabygeleë hospitaal vir verder behandeling gebring.

Netcare 911 sê alle betrokke owerhede het ondersoek op die toneel kom instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Spike ·

Jammer om te sê, maar in hierdie dwase land gaan dit nie ophou nie.

Die Verlore Skaap ·

Ek dink nie jongmense moet te laat in die nag rondhang nie. Gaan eerder huis toe en sluit jouself toe. Jy is net n sagte teiken vir kriminele wat jou heeltyd dophou.

Muffin ·

In ons land om 2uur die oggend nog by n eetplek te sit soek maar moeilikheid. Moes al lankal by die huis gewees het agter slot en grendel.

David ·

Dis is wél so dat die goeie mense hulleself moet toesluit in tronke, terwyl misdadigers maak soos hulle wil. Ek verlang na veiliger tye.

Beterskap aan die slagoffer met sy trauma en beserings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.