Man by gholfklub doodgeskiet; stiefdogter gewond

Marlene Matthysen. (Foto: Facebook)

Die Vrystaatse polisie is steeds op soek na die aanvallers wat die 61-jarige Louis Coetzee doodgeskiet en sy stiefdogter Marlene Matthysen Vrydagaand by ʼn gholfklub op Welkom gewond het.

Rowers het Coetzee, Matthysen en dié se vriendin, Kim van Heerden, omstreeks 22:00 by die gholfklub oorrompel. Hulle het pas die onderneming toegesluit en was op pad huis toe, toe die rowers toegeslaan het.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het gesê Coetzee is twee keer geskiet en het op die toneel gesterf. Matthysen is ernstig gewond en is steeds in ʼn hospitaal. Die koeël het haar skrams teen die kop getref, sê Thakeng.

Die aanvallers het glo kontant geëis, maar het uiteindelik net met ʼn skootrekenaar gevlug

“Ons volg alle leidrade op en die soektog na die aanvallers duur voort,” het Thakeng gesê.

Van Heerden is nie tydens die aanval beseer nie. Sy het die paniekknoppie gedruk en só hulp ontbied.

Anna Matthysen, Marlene se suster, het op Facebook geskryf sy is kwaad vir die aanvallers wat haar stiefpa vermoor en haar suster vir dood agtergelaat het.

Louis Coetzee (Foto: Facebook)

“Die Here ken my hart en jy [die aanvaller] sal moet gaan rekenskap gee. Rus in vrede, my Loeitjies. My hart is tot diep in my siel seer, maar my Here is groot. Groter as jou hand wat daai sneller getrek het. Mag jy kry wat jou toekom. My sus, jy is ʼn fighter. Ek weet jy gaan deurdruk. Ek is baie lief vir jou,” het Anna geskryf.

Werner Stolz, eienaar van die Unicorn-gholfklub, het sy medelye met Matthysen en Coetzee se naasbestaandes betuig. “Ek verstaan nie hoe ʼn mens iemand vir niks net doodskiet nie,” het hy gesê.

Stoltz het gesê Matthysen en Van Heerden werk die afgelope sowat ses maande by die klub. “Dis baie hartseer vir ons dat só ʼn ding gebeur het,” het Stoltz gesê.

Volgens Thakeng word klagte van moord en poging tot moord ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

honourable member ·

Hierdie sinnelose moorde of wittes raak nou belaglik. Hierdie mense gaan nie ophou nie want die regering beskerm hulle en hits hulle net verder aan. Ons het ook regte.

willem botha ·

Sien hulle nou die wit mense as n atm waar geld altyd beskikbaar is dankie polisie weens julle onvermoë om misdaad te bekamp is al weer n lewe kortgeknip.

Vonny ·

Hulle is lafaards! !! En hulle wil ons wittes uit roei. …asb mense gaan maak jou X op 8 MEI. Indian jy nie registereer het nie kan jy nog vir nasionaal stem. Daar is HOOP. GOD IS ALMALTIG. ONS BID VIR DIE FAMILIE?

Daan ·

Ek plaas die blaam reg voor die deur van die regerende party. Hulle skep werklooshed, Werkloosheid is die direkte oorsaak van die hoe kriminele tendens! VIVA ANC!!!!!!! PARY OF CRIMINALS CREATING CRIMINALS!

Laksman ·

Hierdie moord is in die media, baie ander word nooit bekendgemaak nie, soos die moord van n ou oom op sy kleinhoewe buite P.E. Saterdagaand. Soos ons elke dag oor die tv moet hoor, “land or death”!

jo ·

Ons praat en moan ook maar net maar wanneer gaan ons se genoeg is nou rerig genoeg?

izak ·

Wat my in al hierdie voorvalle verstom is dat daar geen openbare uitsprake is nie, ongeag die FEITE dat die aanvallers swart is en die slagoffers wit. Hierdie regering, white monopoly capital en die media het ‘n baie fyn komplot gesmee om swart op wit moorde onder die dekmantel van “gewone misdaad” ongesiens te laat verby gaan. Die bloed van ons mense wat op grond van ras doodgeslaan word, skreeu ten hemele. ‘n Volksmoord….en ook ‘n nasie moord word geleeg met 500 000 moorde oor 25 jaar wat aan die hand van moordenaars gepleeg is. Die slegte deel van hierdie situasie, is dat die land baie vinnig in ‘n staat van totale anargie verval, terwyl die dun blou lyn tussen anargie en vrede besig is om baie vinnig weg te kwyn. Dis alom bekend dat Wes Rand word gewapende rowers net gelos deur die SAPD. Dis alom bekend dat moordenaars nooit meer gevang word en deur ‘n bevoegde hof uit die samelewing verwyder word nie.
Die land gly onder ons uit en ons doen niks. Kyk net hulpeloos toe. word wakker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.