Man by hof aangekeer ná plaasaanval

(Argieffoto)

ʼn Beweerde plaasaanvaller is Dinsdag by die Pretoriase landdroshof in Gauteng in hegtenis geneem nadat hy in die hof verskyn het vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn afsonderlike saak.

Die polisie het inligting ontvang dat die 39-jarige buitelander, wat vermoedelik onder die verdagtes is wat ʼn jong plaasbestuurder in Modimolle, Limpopo, aangeval het, in die hof gaan verskyn vir die besit van koperkabels. Duan Slingerland is tydens die aanval deur ʼn venster gegooi.

Die verdagte het glo in die einste Toyota Fortuner by die hof opgedaag wat tydens die plaasaanval gebruik is en was uit op borgtog ten tyde van die voorval.

“Die verdagte is onmiddellik nadat hy in die hof verskyn het in hegtenis geneem,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat Slingerland (19) op 18 September deur ʼn venster gegooi is nadat vier gewapende mans op hom toegesak het. Die mans het die plaashuis geplunder en met sy motor op die vlug geslaan.

Volgens Mojapelo is Slingerland se motor ʼn dag ná die aanval opgespoor toe ʼn grootskaalse jaagtog tussen die polisie en die verdagtes uitgebreek het. Die mans het glo die motor agtergelaat en te voet gevlug.

Nadat speurders verbonde aan die Modimolle-eenheid vir misdaadintelligensie die verdagte by die hof in hegtenis geneem het, is hy na een van sy wonings in Hammanskraal geneem waar die polisie beslag gelê het op ʼn aantal items wat tydens die rooftog gebuit is.

Die verdagte sal Donderdag in die Modimolle-landdroshof op aanklagte van huisroof verskyn.

Die polisie is steeds op soek na die oorblywende drie verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Di ·

So ‘n ARROGANTE vent, gedink hy gaan wegkom. Maar ja, die immigrante, wettig of nie, het mos meer regte as die landsburgers. Raak onstlae van al die “buitelanders”. Dit sal ons land baie geld spaar op GRANTS en misdade sal afneem.

Persheks Adri ·

Net huisroof? Hoekom nie poging tot moord met die doel om ernstig te beseer nie en poging tot moord? Het hulle Slingerland se wapen terug gekry?

Hierdie ou klink na ‘n gewoonte misdadiger! Sluit toe en gooi die sleutels weg!

Nicholaas ·

Kyk nou net hoe arrogant, iets wat my opval is hoe baie die misdadigers weg kom as die polisie hul jaag en probeer vas trek, in die goeie ou dae het hulle bitter min weg gekom as die polisie hul vas getrek het.

Debby ·

Want hulle is te dik kan nie agter die misdadigers aanhol nie

Jannie van Niekerk ·

‘n Groot groep polisiemanne, veral die wat die ANC en EFF ondersteun werk saam met die msidadigers. Dis waarom m DNS toetse wegraak of kastig nie ooreenstem met die van die misdadigers is nie. Slegs lede van die ACDP en VF+ behoort toegelaat word om polsiemanne te word.

Barend ·

In die ou dae was die Polisie nie so stewig op die aarde geplant nie.

Dries ·

Kommerwekend dat buitelanders deesdae by soveel aanvalle betrokke is.

Swerwer ·

So uitgeslape want hy glo seker hy is onaantasbaar omdat hy ‘n immigrant is. Wanneer gaan die ANC besef dat immigrante nie wettige landsburgers is nie en die grense moet toemaak dan kan die misdaad statistiek dalk ook daal.

Blomme ·

Ons regstelsel laat my so dink aan ń sirkusnar…lagwekkends! Uit op borg net om ander misdaad te pleeg. Hoekom sal iemand dan versigtig wees? Hy kry mos nou weer borg vir hierdie saak.. En dan kom hy intussen weer terug vir nog ń saak waarvoor hy weer borg kry… En so sal dit aangaan!

Charmain ·

Uit op borgtog, betrokke by n plaasaanval, verskyn more in die hof, uit op borgtog, en en en….

Niklaas ·

En more seker weer uit op borg ? In SA is die huidige regstelsel ‘n grap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.