Man by huispartytjie in KZN geskiet

Die pad net buitekant die huis waar die man geskiet is (Foto: Verskaf)

ʼn 27-jarige man is Sondag vroegoggend na ʼn hospitaal gehaas nadat hy glo tydens ʼn huispartytjie in Waterloo in KwaZulu-Natal geskiet is.

“Die man se vriende het Reaction Unit South Africa (Rusa) omstreeks 04:00 na die huis ontbied vir mediese hulp,” sê Prem Balram, woordvoerder van Rusa.

Die man het ʼn enkele skietwond in die bors opgedoen.

Paramedici het hom op die toneel behandel voordat hy per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

“Die beseerde man het Rusa se lede meegedeel dat hy ʼn partytjie bygewoon het toe ʼn onderonsie tussen hom en ʼn groep mans uitgebreek het. Tydens die bakleiery is ʼn skoot afgevuur wat hom in die bors getref het.”

Die polisie in Verulam ondersoek ʼn saak van poging tot moord.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes het die man in die hospitaal gaan besoek om ’n verklaring te kry.

“Sy toestand was egter kritiek en hy kon nie enige verdere inligting vir ons te gee nie,” sê Gwala

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.