ʼn Man in sy 20’s is Saterdagmiddag by ʼn bekende vulstasie in Oranjestraat in Kaapstad doodgeskiet.
“Die man is glo tydens ʼn vermeende woordewisseling doodgeskiet,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig.
Die verdagte, ʼn 48-jarige veiligheidswag, is in hegtenis geneem en word aangehou op aanklag van moord. “Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het Traut bygevoeg.
Ooggetuies het aan Eyewitness News gesê die man is drie of vier keer geskiet.
Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn.
darem een nuusplatform wat meer inligting gee! Hierdie insident is absoluut skrikwekkend. Natuurlik is daar nog nie verdere inligting nie maar wil laat voorkom dat jy nou by petrolstasies geskiet word as jy met veiligheidswagte argumenteer?
Hartseer en tragies – laat mens wonder oor of jou vinnig rit petrolstasie toe jou laaste gaan wees.
“Orangestraat” is eintlik “Oranjestraat”. Was so sedert voor die Engelse die Kaap oorgeneem het. Oranje is die nasionale kleur van Holland.
Komaan Maroela, ek’s gewoond aan beter op hierdie blad!
;-)
Nee wat dit is nie ‘n volledige berig nie.
Waaroor het die twee stry opgetel?
Was die Veiligheidswag se lewe in gevaar?
Was dit ‘n privaat kwessie tussen die twee of het die oorledene gekla oor swak dienslewering (want dis nogal iets waarvoor jy jou lewe kan verloor in die land van ons)?
Ek het nog baie vrae …
Baie los drade in hierdie berig!