Man by kerk doodgeslaan, nog een lewend aan die brand gesteek

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Noordwes-polisie het twee voorvalle veroordeel waar gemeenskapslede Sondag die reg in eie hande geneem en twee mans in twee afsonderlike voorvalle vermoor het.

Kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die eerste voorval het in die vroeë oggendure in Letlhabile, noord van Brits, plaasgevind.

“Die polisie is omstreeks 09:40 na ʼn plaaslike kliniek ontbied nadat ʼn pasiënt daar dood is. Die pasiënt is na die kliniek gebring nadat hy in die Newline-uitbreiding van die Maboloka-nedersetting erg aangerand is,” het Myburgh gesê.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene, wie se identiteit nog nie bekend is nie, ʼn vermeende verdagte in ʼn gewapende rooftog was. Volgens inligting tot die polisie se beskikking het een van sy vermeende slagoffers hom gevang en na sy kerk geneem waar die gemeenskapslede besig was met ʼn nagwaak. Die man is daar glo erg aangerand en is later dieselfde dag in die kliniek dood.”

Die tweede voorval het in die Skielik-nedersetting buite Brits plaasgevind.

“Die polisie het ʼn onbekende man in hegtenis geneem nadat dié glo ʼn 22-jarige man aangerand het. Die verdagte is voor sy inhegtenisneming glo deur lede van die gemeenskap aangerand. Die beamptes het hom in die polisievoertuig toegesluit vir sy eie veiligheid terwyl hulle vir ʼn ambulans gewag het om mediese bystand te bied.”

Myburgh het gesê ʼn groep van sowat 300 ontstoke inwoners het vinnig by die polisievoertuig saamgekom en aangedring dat die verdagte losgelaat word.

“Die aantal gemeenskapslede het toegeneem en die situasie het buite beheer geraak. Die groep het paraffien oor die polisievoertuig uitgegooi en begin om die polisiebeamptes aan te rand. Een beampte het beserings aan sy gesig opgedoen nadat hulle met klippe bestook is.”

In die chaos kon die gemeenskapslede daarin slaag om die verdagte uit die polisievoertuig te kry, waarna hy aangerand en lewend aan die brand gesteek is. Hy is op die toneel dood.

Volgens Myburgh is die 22-jarige man wat aangerand is, later in die hospitaal aan sy beserings dood. Dit is nog nie duidelik wat tot die 22-jarige man se aanranding gelei het nie.

Niemand is nog in verband met die twee voorvalle in hegtenis geneem nie. “Die ondersoeke het pas begin en inhegtenisnemings sal binnekort volg,” het Myburgh gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

kierang ·

steeds sal hulle aangemoedig word om reg in eie hande te neem deur geen optrede teen die gemeenskaplede wat staatseiendom waarvoor belastingbetalers hard gewerk het te verwoes, polisielede aan te rand en mense te vermoor nie. wat sal dit neem voordat hierdie absolute wetteloosheid aangespreek word?

marous ·

Dit is maar net die begin van die gevolge van ‘n regering wat in staat van absulute verval
is …. aan die hand van hul eie toedoen

Callie ·

N man word voor polisielede vermoor sonder dat hulle n skoot skiet. Belaglik.

Se maar net 1 ·

Ja en as ek reg onthou het MM ‘n ruk terug berig dat ‘n bejaarde ou oom op sy plaas deur die polisie (selfverdediging) doodgeskiet is. Hier kon hul hulself nie eens ‘verdedig’ nie maar ‘n ou oom moes sterf.

Danie (2) ·

Barbaars !! Kan nie anders beskryf word nie. Maar daar is oorsake vir hierdie gedrag ondermeer: Geen vertroue in die polisie en regstelsel.
‘n Kultuur van wetteloosheid en aanvaarbaarheid wat oor baie jare heen ontwikkel, geduld en “vertroetel”word in gemeenskappe .
Vinnige opsweping van gevoelens.
Wat vir ons van belang is, sulke groeps optredes leen dit daartoe dat dit soortgelyk (uiters geweldadig) oorgaan na soortgelyke gedrag wat ons alledaags sien en ervaar tydens alledaagse protes optogte rondom ons.
Dit sal interresant wees om te weet hoeveel “bundu-hof” getalle in SA voorgekom het die laaste 5 jaar (dit is letterlik twee weekliks). Die westerse wereld sal dan ook sien en ek glo dalk ook interesant vind om te weet; in watter “beskaafde” land ons, ons kinders moet opbring. Dan sal van hulle ook kan sien en verstaan waarom sekere mense in SA so sterk voel om hul kultuur en morele standaarde te wil beskerm.

Grassie ·

Danie (2) – ek stem saam met jou kommentaar. Dit is weklik interessant!

Francois Laubscher ·

Glo my… Meer mense word verbrand en op die wreedaardigste maniere vermoor as wat ons van bewus is. Dit alles terwyl… Vergeet van die mans … Vroue en kinders toekyk. Nogal deur kerk gangers in die geval!!? Liewe Hemel… Nou wil ons n nasie bou met sulke….

Sê maar net ·

Dit is wat gebeur as daar nie meer dissipline uitgeoefen word nie

Net ek ·

Waarom mense in hegtenis neem as SAPS nie hul werk behoorlik kan doen nie! Gee elkeen wat jul wil arrester R1000 “for a job well done”

Antiestabliesment ·

Julle almal mis die goeie uit die storie.
Dit wys dat die gemeenskap van Suid-afrikaners met anderse velkleur waaroor julle so klae, ook al lekker keelvol is vir die geweld en wetteloosheid. Hulle smag ook om die boewe uit hul gemeenskappe te kry, net soos ons.

Judge Dredd ·

En wie het die verdagtes skuldig bevind – waar is die bewyse?

Stuiwer ·

Antiestabliesment, ek hoor wat jy sê, maar is dit nodig om so gewelddadig op te tree?

Domvraag ·

Kan ons die polisie blameer. Skiet hulle dan word daar gesê die mense het vreedsaam betoog en dan word hulle aangekla van moord. Kyk na Marikana waar aangevoer word dat die betogers met hulle stokke en pangas vreedsaam was en dit terwyl hulle reeds mense dood gemaak het. Nou word hierdie betogers as die slagoffers uitgemaak en word ons belastinggeld gebrùik om aan hul naasbestaandes te betaal. Dis om van siek te word

Sjoe ·

NIEMAND IS IN HEGTENIS GENEEM NIE MAAR DIE POLISIE WAS DAAR EN IS SELF AANGERAND?? LIewe Vader tog .. wat ‘n grap .. anargie .. belaglik, wetteloos, godverlate.

Siekensat ·

Los hulle dat hulle die nasie uitdun. Minder monde om te voer vir die belastingbetalers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.