Man by kleinhoewe se hek doodgeskiet

Loutjie Erasmus. Foto: Facebook

ʼn Man van Noordwes is Sondag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe tussen Lichtenburg en Mahikeng doodgeskiet.

Die voorval het op ʼn kleinhoewe in die Rooigrond-gebied gebeur, ongeveer 16 km vanaf Mafikeng. ʼn Provinsiale polisiewoordvoerder wou nie onmiddellik die naam van die oorledene bevestig nie, maar hy is op sosiale media as Loutjie Erasmus geïdentifiseer. Hy was glo in sy 40’s.

Lt.kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorledene het by ʼn vriend se kleinhoewe gekuier en was op pad na sy huis toe wat glo net sowat 10 km van daar af geleë is.

Volgens Myburgh het die man by die hek van die kleinhoewe stilgehou en uit sy bakkie geklim om dit oop te maak toe hy deur drie aanvallers oorrompel is.

“Hy is in die proses in die bors geskiet. Sy vriend wat in die huis was, het die skoot hoor afgaan en by die venster uitgekyk om te sien wat aangaan. Die aanvallers het daarna op hom ook losgebrand,” het Myburgh gesê. Die vriend is nie beseer nie.

Die aanvallers het kort daarna op die vlug geslaan.

Volgens Myburgh is die polisie nie in dié stadium seker of enige iets by die oorledene geroof is nie, maar blyk dit nie die geval te wees nie.

“Die aanvallers het die oorledene se bakkie agtergelaat en sy persoonlike besittings was nog by hom,” het sy gesê.

ʼn Saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

ES ·

Lyk vir my doodskiet is nou ‘n sport. Mensejag. Skiet jou sommer net omdat jy op ‘n kleinhoewe / plaas woon. Hoe ouer en meer weerloos jy is hoe beter.

Hannelie ·

Lyk my daar word jag gemaak op blankes. Dalk moet daar terug geskiet word…dalk reageer die nuwe president. Sterkte aan sy familie.

Koos ·

Dis hartseer. Die man was nie oud nie. Voor almal vra hoeveel nog, vra eerder: Waar was sy skietding? Wanneer gaan ons mense begin om ten minste hul lewens duur te verkoop? Mens gaan maak nie in die oggendure alleen jou plaashek oop ná ‘n lang “kuier” nie.

Jo ·

Hou fotos en inligting, dit moet op ons eie rekords, dokumentere en films, boeke vasgevang word en die fotos oorsee versprei word.

Koos ·

Dokumenteer dit gerus. Maar moenie dink die buiteland of Trump of Superman of Tarzan kom ons red nie. Hulle het hulle eie kwessies om mee te worstel.

Pieter ·

Die linkse media oorsee speel op mense se emosie met fotos, dit werk baie goed en ons kan ook bewusmaking versnel deur fotos.

Gesiggie ·

Nog n man moes sterf?? hoeveel nog… hoekom skiet jul net.. jul het niks gevat, maar n man se lewe geneem, wat was jul bedoeling?? wou jul wraak neem… .. die moorde maak my gek”’ as ek so n berig sien dan wil my kop omplof… dit raak nou net te veel. Sterkte aan Loutjie se Familie en sy vriend, sal al die moordenaars ooit gevang word. RED ONS LAND HERE

Johan ·

Kan afriform nie n geregterlike ondersoek afdwing nie of n onafhanklike ondersoek laat doen oor plaasmoorde nie? Dit is nou elke dag n berig…..

Thinus Erasmus ·

Johan dit sal niks help al doen die staat ‘n ondersoek nie. Kyk Pieter Groenewald het reeds laas week in die openbaar aangedui dat hy vir CR gaan vra vir so ‘n ondersoek, en nogsteeds stil soos die graf.
Nee daar is nie meer tyd om ondersoek te doen, samesprekings te voer of planne saam met SAPD te maak nie, DIT IS NOU TYD OM SELF OP TE TREE:

Internasionale Strafhof ·

Klagtes by die internasionale strafhof of soortgelyke organisasies kan ook werk. die proses moet ou al begin voor hulle volksmoordplanne teen ons formeel in werking tree.

Pop ·

Hulle hou mens dop. Weet elke beweging. Diè is teregstelling wat uitgevoer is. Here hou vas die man se familie!!!

Thinus Erasmus ·

Indien die regering nie reageer, verklaar dat ons wil afskei – selfbeskikking

Nikita ·

Sug…..ja ons word dop gehou dis verseker….en dit raak nou al so erg dat hulle sommer uit die bloute toeslaan sonder dat hulle n mens dophou, so al asof hulle gedurig gereed is om ons aan te val en wanneer jy n maklike teiken is. Weet nie eers meer of dit veilig is om alleen in of uit te ry by jou eie hekke nie. Die aandskaduwees het vir ons langer geword….die slegte tyd kom nader. Mag God ons lei en beskerm. Sterkte aan familie.

Pietman ·

Afriforum moet ‘n saak van asiel vir blankes maak by die VN of EU of VSA. Al hierdie gevalle waar mense net doodgeskiet word kan as bewys ingedien word dat blankes vervolg word.

Thinus Erasmus ·

Moenie hulp van die Internationale organisasies verwag nie, maar rig ‘n versoek aan induviduele lande om ons saak te steun.

Sloet ·

Julle sal eers julle huis moet skoonmaak van rassiste en nie dink wit slagoffers is erger as swart slagoffers nie, voor dit gebeur gaan die buiteland niks help nie.
Julle kla as ons die regse partye, regse organisasies en regse sangers met hulle eensydige uitsprake hier in Europa stilmaak…. julle leer baie stadig dat julle grootste vyande julle eie mense is.

‘n Land deurdrenk met bloed ·

Tragies. Mense word daagliks doodgeskiet en wreed vermoor. Dit word net erger en erger. Daar is geen einde aan die moord en doodslag nie. Is hierdie die stelselmatige suiwering van en ontslae raak van (wit) mense in Suid-Afrika waarvan die man wat nou van haatspraak aangekla word geskryf het? Hierdie land is deurdrenk met bloed, haat en verbittering. Sal mense ooit mekaar kan respekteer en nie doodmaak nie? Of is die verbittering en geen vergifnis in hierdie land groter as menswees. Wie sal ooit weet.

Petro Benade ·

Ek het in n vorige boodskap gese dat die ,mense van die dorp waar die moord plaasgevind het afskrifte van ‘n foto van die vermoorde moet laat maak en aan hulle hekke en heinings vas sit met groot woord VERMOOR OP SO EN SO ‘N DATUM DAAR IS ‘N BELONING VIR ENIGIEMAND MET INLIGTING. Die dorpsmense kan saam staan vir ‘n beloning. Daar mag nie teen pale ens gesit word nie maar aan persoonlike eiendom kan niemand gestop word nie. Dit sal CP laat regop sit. Of hoe se ek?

Ilze ·

Toe ek in matriek was in die tagtigerjare het ek ‘n geskiedenis onderwyser gehad wat die volgede gesê het ” As die Anc oorvat kry hy ons witmense baie jammer. Gedink hy praat nonsens want daar is nie manier dat die ANC ooit sou regeer nie. Hy het ook gesê dat hulle ons gaan begin uitmoor. Ook nooit gedink dit sou gebeur nie, en kyk nou

Koos ·

Jy’t seker nie Afrikastate noord van ons se geskiedenis ooit bestudeer nie?

Ek Sê net ·

Dit is soos die ” Hunger Games ” mense word gejag en geslag vir absoluut geen rede!RIV baie jammer vir sy Geliefdes.

Alida ·

Genade mag mens nie meer op ‘n Sondag vir jou vriende gaan kuier sonder om vermoor te word nie. Dit is afgryslik.

sarie ·

Onnodig,as die mense klaar geskiet is,en dood is dan word daar biki moeite gedoen.

Theresa ·

Innige simpatie aan die familie en vriende! Mag die moordenaars spoedig vasgetrek word. Wys hul gesigte aan almal.

D V ·

Dit is nou tyd dat ons “mense” saam staan onder alle omstandighende. Bid vir jouself en ook vir jou medemens alleen dan kan ons oorleef in die land.

danie * ·

Een van hieri nare gan iets verkeerts se of doen wat ons gan ignite. Hulle is al vir jare langk besig met gruwel dade non stop. Dit is oorlog maar niemand staan nog saam nie ? N israeliet het in n video gese ons moet WAKKER word!!

**anoniem** ·

RIV Loutjie, so onnodig gewees! Hoop hulle spoor die diere op wat dit aan jou gedoen het! Ai ons harte is seer man!

Willem ·

Rus sag ou vriend. In dié land word jy gesien as net ‘n statistiek – maar ons onthou jou, ons het jou geken. Die wiel draai, en die vrees is daar nie meer nie. Dit staan nou so, dis ek of hy – ek onderhandel nie meer nie.

LHS ·

Wonder nogal wat sou die Israelies gedoen het as hulle mense so uitgemoor sou word in Israel.

Tokkolos ·

RIV ou grote
Mense is daar iemand hier wat ag slaan waarop ek julle attend maak Almal sê dit moet nou stop en tel wapens op
Gaan Facebook of Google Atlas 7 Net dalk besef jul daar is iemand wat al begin vordering maak Maar met jul ondersteuning kan daar vinniger iets gebeur Ek is n lid van hulle Please mense

Ruan ·

Al plek waar ons asiel vandaan sal kry is God. Daar is n gelofte ondergaan tussen die Boerevolk en God by die slag van bloedrivier. Moenie probeer asiel soek by die VN nie. Hulle was nog nooit Suid Afrika of die boerevolk se vriend nie en sal ook nooit wees nie.Hou net moed en geloof. God het nie van ons vergeet nie. Bid en glo en jy sal ontvang.

Reinhardt Stander ·

Dis my vriende se familie lid. Hy het geboer op die plaas Maputsie. My hart breek vir die familie.

Dienkie ·

@Ruan, die Afrikanervolk het van daardie Gelofte aan God by Bloedriver vergeet.

JC ·

Dit raak tyd dat Afriforum hulle as ‘n politieke party moet registreer, want dit lyk op die ou einde of hulle die party sal wees wat die land sal reg kry en nie net vir die witmense nie maar vir almal in die land Suid-Afrika.

Cornelia ·

Ruan, op jou skrywe sê ek Amen. Dienkie, daar sal altyd volksgenote wees wat nooit onverskillig teenoor die Gelofte sal staan nie. Meer as wat mens dalk verwag. Al lewer hulle nie noodwendig kommentaar nie, is hulle stille stryders in gebed en geloof. En die Gelofte bly ‘n heilige gebeurtenis. God red uit benoudhede. Ps 50 : 14, 15 “Offer dank aan God en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. 15 en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.”

Realis ·

Sug! En nog n sug! Ai, ons het n klomp rusbank kommentators. Almal het raad en voorstelle. Niemand het egter iets wat substansieel kan bydra om die probleem aan te spreek nie. Klink soos n klomp klein keffertjies in n toe erf. Komaan! Moenie spasie more met die alewige retoriek nie. Kom met werkbare voorstelle. Is daar soiets? Nie n onafhanklike staat of grondgebied nie. Dit sal nooit realiseer nie. Intussen, hou op met die gekef. Dit raak nou vervelig. As jy niks het om te se wat die situasie kan verbeter nie, bly liewer stil

Thinus ·

Realis, ons oplossing is onafhandlikheid en ons eie grondgebied!
Of dink jy ons moet massa selfmoord oorweeg vir die wat nie kan emigreer?

Ben ·

Ek het onlangs weer die verhaal van Bart Nel gelees en het weereens besef hoe moeilik dit is om op te tree. Daar moet egter ‘n oplossing wees– en spoedig ook!!

AJ ·

Bewapen en verdedig JOUSELF! Niemand anders gaan dit doen nie. Werk saam met jou bure deur netwerke te stig en mekaar te help. Trek saam rondom Afrikaanse skole en kerke en maak die omgewing veilig deur toegangsbeheer. Koop die omliggende eiendomme en hou dit in trust. Stig veiligheidswoonbuurte en bedryf dit soos ‘n Israelse kibboets.

Hou op praatjies maak en DOEN!

Rassie ·

Daar is nie meer “Afrikaanse” skole nie en die onteieningswetgewing gaan in Augustus deur. Onder die Afrikaners is daar ook nie ‘n samebindende godsdiens identiteit soos by die Israelis nie, dis elkeen vir homself hier. Die raad sal nie werk nie want die fondamente waarop jou voorgestelde sisteem gebou moet word bestaan nie.

JDDV ·

Oom Koos hoekom het julle dan niei ets gedoen daardie tyd nie? Julle het dan geweet?

Anoniem ·

Ai dit is tragies so word ons uitgemoor een vir een. Die wat nie die land verlaat word vermoor. Ons sal moet besluit bly en baklei of pak jou goed en waai. Waarheen weet ek nie.

Tinus ·

“Buiteland iets doen”
Hoekom verwag ons van ander om ons te red? Ons moet self opstaan Vir ons belange en mense.
As ons nie gaan saamstaan nie, niemand gaan vir ons sake veg as ons op die stoel sit nie.
Ons moet bid vir hulp en leiding en dan self optree. Saamstaan!
Hierdie moorde het dieper wortels. Ons moet daai wortels kry en dit daar stop.
Sterkte aan die familie en friende.

cr ·

Dis tyd om ons eie komando’s te begin. Daar is baie seuns wat nie werk het nie en elke wit mens moet bydra om die komando te onderhou. Dit gaan ekstra vir elkeen kos maar ons sal onself moet beskerm. Steun van die regering sal ons nie kry!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.