Man by Limpopo-lodge geskiet

Argieffoto

ʼn 49-jarige man is in die hospitaal opgeneem nadat hy Donderdag in die vroeë oggendure by ʼn lodge buite Lephalale (Ellisras) in Limpopo geskiet is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê vier gewapende verdagtes het net ná middernag op die lodge toegeslaan. Volgens hom was die man aan die slaap in ʼn kamer wat hy by die lodge gehuur het, toe die rowers sy kamer betree het.

“Die rowers het die man geskiet, sy selfoon, beursie, windbuks en ʼn tas geroof en op die vlug geslaan,” het Ngoepe bygevoeg. Die polisie is ontbied en die man is onmiddellik na ʼn hospitaal gehaas.

ʼn Soektog na die verdagtes is van stapel gestuur, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om kapt. Richard Boshomane op 079 894 5501 of Stop Misdaad op 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lizette ·

Die beriggewing is glad nie akkuraat nie.Dit het gebeur in n huis in n estate waar daar wel n hotel en n lodge ook bedryf word.

Tania Heyns ·

Dagsê Lizette.

Dankie vir jou kommentaar. Die inligting in die berig is soos Maroela Media dit van die provinsiale polisiewoordvoerder af ontvang het.

Groetnis.

marous ·

Die regstelsel plak pleisters en gee kopseer pilletjies. Daar is geen misdaavoorkoming nie , want dit geval nie die leiers van die kriminele van die land nie.

Wilmarie ·

Dit is vriende van ons. Dit het defnitief by sy huis gebeur. Hy bly in n estate.

Lizette ·

Dankie Maroela vir die terugvoer,maar lyk my hy weet dan nog minder wat in sy ongewing plaasvind.Groete

Marianne ·

Mag God gee dat hy bly leef, sterkte aan sy familie en vriende. Die boewwe moet gevang word en swaar gestraf word.
Ons land beskerm nie sy mense nie – alle kriminele het meer regte as die publiek en veral slag offers van geweld, dis skandelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.