ʼn Vermeende geldeenheidsmokkelaar is Maandagaand by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park vasgetrek met $997 750, byna R13 800 000, in sy besit.
Die verdagte is deur lede van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) op die lughawe deursoek en ondervra waarna hul dié dollarnote ontdek het.
Volgens Sicelo Mkosi, woordvoerder van die SAID, het die man ʼn rugsak by hom gehad toe sy bagasie op die lughawe deursoek is. Hy het gesê dat hy nog ʼn tas ingeboek het. Die tas is gevolglik laat kom waarna die man opdrag gegee is om na die doeane-ondersoekarea te gaan waar hy verder ondervra is.
Die man het tydens die ondervraging erken dat hy in besit van buitelandse valuta is, maar het aangevoer dat dit heelwat minder is as wat later geblyk het, verduidelik Mkosi.
Volgens Mkosi is die enorme bedrag in dollarnote wel in die man se bagasie ontdek.
Die man is in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig nadat hy nie ʼn aanvaarbare rede vir dié reusebedrag in sy tas kon lewer nie.
Ek wonder of dit nie Gavin Watson is wat die pad wou vat nie? hahaha
Of Ramaphosa wat nog n bietjie geldjies “oorplaas” buiteland toe?
Ek sal kan doen met n miljoen !!!!! Waar kry die mense al die baie geld ???
Inflasie laat die m in ‘n b verander
Die persoon was baie optimisties toe hy gedink het hy gaan die geld deur gesmokkel kry. Wonder net waar gaan daardie geld nou heen….
Goeie vraag Lindjies.
Dubai natuurlik. Waarheen anders?
Dubai moet ‘n wonderlike plek wees. So baie ANC politici gaan hou daar vakansie.
Nou moet ons weer met beurtkrag sit dis natuurlik die geld wat Eskom moes betaal vir diesel water en steenkool . SA darem n lekker plek om in te bly jy collect net
Die vraag is nie waar gaan die geld heen nie ons weet almal waarheen dit gaan. Waar kry hy dit en in opdrag van wie? Laat hom sing tot hy praat.
Gee daardie geld vir Telkom en S.A.A , sekerlik sal ons dan nie in die donker moet sit nie.