Man by Paasskou aangekeer oor fop dollars

Argieffoto (Foto: Thomas Breher / Pixabay)

John Gambi (58) van Malawi is op 1 April by die Paasskou in Nasrec in hegtenis geneem toe hy met vervalste Amerikaanse dollar betrap is. Hy het Dinsdag in die Booysens-landdroshof verskyn en bly in aanhouding.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê Gambi wou parfuum by ʼn stalletjie koop met die vervalste geld.

“Die bestuurder van die stalletjie het hom herken van ʼn vorige transaksie op Donderdag, 28 Maart 2024, toe hy parfuum gekoop het met geld wat later as vervalste geld uitgeken is. Die beskuldigde het met daardie transaksie weggestap met sowat R3 600.”

Die Valke se eenheid, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, is na die toneel ontbied en Gambi is in hegtenis geneem. “Hy het 10 vervalste dollarnote by hom gehad.”

Die saak is tot 9 April uitgestel vir ʼn formele aansoek om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Casper ·

As borg aan hom toegestaan word is hy weg net soos Bushiri en sy vrou.

Aai ·

Hoe koop jy by ‘n skou in dollars in SA nog nooit van dit gehoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.