Man by padblokkade glo met R4 miljoen se dwelms betrap

Foto: SAPD Noord-Kaap via ANA

ʼn 56-jarige man van Johannesburg is tydens ʼn padblokkade in Calvinia in die Noord-Kaap in hegtenis geneem toe hy met dwelmmiddels met ʼn straatwaarde van byna R4 miljoen betrap is.

“Die verdagte is met 12,6 kg tik betrap met ʼn geraamde straatwaarde van R3 971 268,” het brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die dwelmmiddels was in die spaarwiel van sy bakkie versteek. ʼn Leë versteekte kompartement is ook in die sitplek van die bakkie ontdek.

Die verdagte was glo na Kaapstad op pad. Hy sal na verwagting Maandag in die Calvinia-landdroshof verskyn.

Ramatseba het gesê die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) sal verder ondersoek instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Barbara ·

Wel hy sal seker niks oorkom. Ons president laat dan nou 19000 gevangenisse vry

Sarel ·

1. Borgtog van so R1000.00. Dan gaan hy nuwe besending haal.of oorspronklikev weer terug kry en sy reis voortsit. Snaaks ek sien nie dat hy ook aangekla word vir oortreding van die ” Lock Down” regulasies nie

Karlahari ·

Hy was oppad werk toe in n ander provinsie….
Ek stem.
R1000 borg is belaglik

Cabytheron ·

Ek wens hy word baie swaar gestraf! Erger as die straf wat ouers en familie en vriende van dwelmslawe verduur!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.