Man by Pta-padblokkade doodgeskiet

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Tshwane-metropolisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn motoris, wat nie by ʼn padblokkade stilgehou het nie, doodgeskiet het.

Die voorval het Vrydag omstreeks 09:30 in Hatfield, Pretoria gebeur. Die polisie het in ʼn verklaring gesê metropolisiebeamptes het voertuie by die padblokkade voorgekeer. “Hulle het na bewering ʼn metertaxi voorgekeer en die taxibestuurder het probeer om die beampte om te ry,” het die polisie gesê.

“Die beampte het toe na bewering die taxibestuurder doodgeskiet. Die beampte is in hegtenis geneem en die saak sal na die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) verwys word vir verdere ondersoek.”

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het die man, wat vermoedelik in sy dertigs is, in sy motor gevind met ʼn koeëlwond. Hulle het probeer om die man weer by te bring, maar dit was tevergeefs. Hy is op die toneel dood verklaar.

Verskeie mense het op sosialemediaplatforms teen die Tshwane Metropolisie uitgevaar oor die voorval. Die Twitter-gebruiker, @themaytrix23, het geskryf: “Well done #Msimanga, from apartheid foreign policy to adopting US kill blacks policy. EFF and other DA branches thank you.”

@TkMiss_ het bevraagteken of die polisie se weergawe van die gebeure waar is, terwyl @PuseLepuru gesê het die polisie se verklaring maak nie sin nie. Op Facebook het Matisa Ramannye gesê daar was geen rede vir die metrobeampte om die bestuurder te skiet nie, aangesien hy net uit die pad van die motor kon spring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Linda ·

Genugtig! Was dit nou regtig nodig? Die storie klink maak nie sin nie. Was dit ‘n daad van magsbewys?

corrie nelson ·

Die metropolisieman beweer sy lewe was in gevaar omrede die taxibestuurder hom wou omry. Was die metropolisieman inderdaad omgery? Het hy enige beserings opgedoen? Volgens my mening het die polisiebeampte onwettig opgetree. Sekerlik word beamptes opgelei om veilig op te tree by n padblokkade. Die beampte het uit die pad uitgespring. Sekerlik kon hulle die taxibestuurder agterna gesit het en hom gearresteer het. As die beampte se lewe regtig in gevaar was soos hy beweer, sou daar nie tyd gewees het om sy vuurwapen uit sy holster uit te haal, dit te span, te mik en nog die sneller te trek nie. Dit is maar net my mening.

Linda ·

Genugtig! Was dit nou regtig nodig? Die storie maak nie sin nie. Was dit ‘n daad van magsbewys?

Ja ·

Ja dit is noodsaaklik om n posisie van zero toleransie tot misdadigers in te neem.

ZORO ·

Daar is 5 vereistes waar aan n beampte moet voldoen – Karakter,Inspaning,Gedrag,Opregtheid,Selfbeheersing , maar nee as ons die Houding,Arogansie en Korrupte neiging het word ons aangestel

Lewies ·

Zoro ek stem saam. Dat hulle nie besef dat jy jouself in die voet skiet as enige “janrap” aangestel word nie.

lynette ·

Was dit n wit metropolisieman wat geskiet het? Ek vra maar net aangesien daar alweer na apartheid gewys word?

Shrek ·

Dit lyk vir my na n kol skoot, word motors deesdae gestop met n vuurwapen in die hand as die ou weg ge jaag het hoe word hy deur die voorryt getref! Ek vra maar net.

CAV ·

Ek wonder waarom die taxi-bestuurder die beampte prober omry het

DPJ ·

Ek sal ook iemand skiet wat reg op my aangejaag kom. Selfverdedig.

pieterdp ·

As jy genoeg tyd het om n vuurwapen uit te haal en oor te laai en van veilighuid af te haal het jy meer as genoeg tyd om pad te gee. Die was was meer as net self verdediging. Die was n mags vertoning. Klaar.

miv ·

Tragiese voorval. Maak nie saak of die persone wit of swart is nie. Hierdie voorval wys ons almal nou maar weer eens: Ons moet luister na God se opdrag in sy Woord ‘bid vir mekaar, dra mekaar se laste.’ Nie verskeur mekaar nie! Innige meegevoel met die families!

Johann ·

Suspended met betaling en berading…ergste wat voorle vir die magsbehepte polisie man. Of een of ander verklaring en verduideliking van hoekom hy dit MAG gedoen het…

Chrisna Botha ·

Wat my benoud maak van ons hedendaagse manier van dink : Die ou wat die oorspronklike verkeerde ding gedoen het, word verdedig! Hoekom wou hy nie stop nie? Is n padblokkade nou sommer net iets wat geïgnoreer kan word? As ons almal maar net weer reëls kan begin nakom….

m ·

Die feit dat die person nie wou stop nie sê alklaar hy het iets gehad om weg Te steek

pietie ·

As daai ou nie wou stop nie hoe is die ou van voorgeskiet en dan moes die ou baie vinnig gewees het om sy rewolwer uit sy holster te haal en van safety afhaal en oor te laai

Liewe heksie ·

Presies Pietie in die ou DF Malan spring hulle soma om n taxi sodat hul my kan aftrek en dan sal hul in my kar loer met my bestuurslisensie in die hand so asof hy vra hvl sal jy betaal daarvoor want fout met my kar gaan hy nie kry nie

ACS ·

So ver ek weet sê die wet ‘n beampte mag nie in die middel van die pad wees om mense af te trek nie, hulle mag net langs die die geel lyn staan om motors af te trek.

JJ ·

Ek sal wil hierdie reël graag sien. Die beamptes het menigmaal my en my insittendes op hierdie manie ingevaar gestel.

Dankie ·

Dankie metropolisie dat hulle ons beskerm teen misdadigers. Sterkte aan die polisieman wat sy werk ernstig opneem.

Bessie ·

Hier word die mense wat reg doen of hulle self verdedig, veroordeel en die ware kriminele, loop vry rond…..nogal ironies ne

Leylane Reyneke ·

Die gereg is so aan die verkeerd. Die beamte sal hom daar uit lieg. En hy sal wegkom. Ek is ń slagoffer van die Vereeniging polisie en speurders se nalatigheid en ja ek het ń klag gelè teen die 3 polisies lede en 1 speurder en die polisie hoof het vir my gesè. .Hy skud my hand nou ek sal geen prokereur kry wat my saak sal help en sal die polisie lede vry kom van hulle onreg en verraad. Ja en hulle het weg gekom nou sukkel ek nogsteeds dat iemand my kan help. Die polisie en verkeer is saam in al die bedrog en hoe sal ons as gewone mens gehelp word of na geluister word. Dis tyd dat reg en regverdigheid sal geskied. In Vereeniging is ņ groot probleem met poliesie lede en verkeerd beamtes. wie sal luister.

JJ ·

Die beampte kan nie net skiet as daar iets was om weg te steek nie.
Verkeers beamptes het ń arrogante houding om re in aankomende verkeer se psd te gaan staan asof hulle onaantasbaar is. Daar moet ń regulasie/wet/ordinansie of iets wees wat bepaal waar beamptes mag staan sonder om aankomende verkeer ingevaar te stel.

zoom zoom ·

Wat van die vrouens met kinders eat bedel by verkeersligte. Is dit okay met hulle om in die middel van die pad te staam. Aan hulle word niks gedoen nie so maak dit saak waar die speed cop staan.

Kobus ·

Ek was nie daar om my te vergewis van die feite….maar op hierdie forum is al in die verlede oor baie gevalle berig waar die publiek afgetrek en beroof is deur valse ” verkeersbeamptes”,dit kon net sowel deur daardie bestuurder se kop gegaan het dat dit n nie “amptelike” padblokkade is…moontlik was hy al in die verlede in so n situasie….hoe sal ons weet…

Hannetjie ·

Daai is moord. ..pistool klaar uitgewees en reg om te skiet….wow as hulle vir elke insident net kan skiet. ..sluit hom toe

Kaspaas ·

Toe die raskaart gespeel word het ek belangstelling verloor. Vilgende stories asb

Plaatsie ·

Mense, ek weet darem nie so mooi nie. Dit was nie die gewone taxi soos wat ons siele elke dag versondig nie.

Ons moenie aanvaar dat dit n MINIBUS TAXI en n gepaardgaand arrogante bestuurder was nie.

Uit die foto en beskrywing van die voertuig wil ek glo dat dit n sedan motor tipe taxi was waarvan die bestuurder nie wou stop nie. Heeltemal iets anders as n minibus taxi.

magda ·

Lees Netwerk 24 se berig. Dit was nie ‘n taxi nie, maar die man was in sy eie motor oppad werk toe, toe hy teen ‘n metropolisie se voertuig gebots het en hy nie wou stop nie. Daar word ook geen melding gemaak van ‘n padblokkade.

Sannie ·

Ook glad nie in die metropolisie se voertuig vas gebots nie maar wel wou hy bo oor die beampte ry met die aftrek van die padblokade

Antoon ·

Volgens EWN was die man n Regeringsamptenaar van die Dept. Telekommunikasie en Posdienste…
Wie glo mens nou?

Vee ·

Metro polisie. Ek het al te veel negatiewe berigte en stories van hulle gelees.

Michelle ·

Was dit wetlike opdrag van regsdiennaar? Moes hy stop? Hoekom het hy nie? Wat steek hy weg? Was die beampte se lewe in gevaar – die redelike mens toets sal dit bepaal in die hof. Was die persoon gewapen -ja hy het met sy motorvoertuig op ‘n beampte afgery gekom. Hoeveel van julle weet hoeveel van ons wetstoepassers word daagliks / weekliks doodgeskiet? Net gister was daar roudiens vir ‘n lid. Iemand wat die sogenaamde ‘slagoffer’ wat die wetlike opdrag verontagsaam het verdedig moet asb weer wetboeke oplees en in ag neem dat dit ‘n ondankbare werk is waar hulle lewens daagliks bedreig word.

Gerhard ·

Daar is dikwels verwarring by padblokkades oor watter motor aangewys word om af te trek, en watter motor aangewys word om deur te ry. Misverstand, taxi ry deur terwyl hy moet stop. Lid vererg hom, trek sy wapen en spring voor taxi in. Taxibestuurder skrik en versnel. Lid skiet hom dood. Verskoning: taxi wou my omry.
Klink vir my na ‘n aanvaarbare hipotese.

Johan ·

In Marikana is mense ook geskiet toe hulle polisie bestorm het.

Hierdie moteris is deur die voorruit geskiet,as daar tyd was om n wapen te trek en te skiet, was daar seer sekerlik genoeg tyd om uit d pad van n naderende motor te kom.
Die motoris kon gevolg ,af getrek en aangekla word ….maar net op trigger happy te wees en te skiet….is verre gaande.

Magda ·

Hierdie berig en Netwerk24 sin verskil soos dag by nag. Netwerk24 se die man was vanoggend 09: 00 oppad werk toe ( werk by Telkom in Hatfield ), toe hy teen ‘n metropolisie se voertuig gebots het nie en nie wou stop nie. Die metropolisie het toe langs hom gery en in sy kar in geskiet.
Nerens word daar melding gemaak dat daar ‘n padblokkade was of ‘n taxi nie. So nou wat is die waarheid?????????????? Die man was in sy eie motor gewees????????

Francis ·

Skies Magda….per ongeluk verkeerd gedruk…..ek het ook oor nuus op tv gehoor dat dit nie taxi was nie….man oppad werk toe….

Marius ·

Was enige een van julle op die toneel? Daar word alewig vinger gewys na die verkeersbeamptes en polisie. Ontrek alle wetstoepassers van ons paaie af. Maak en pas net twee wette toe, “geen ambulanse mag na enige toneel gaan en geen “breakdown mag uit gaan nie” . Ai, alewig net negatief, julle gebruik seker baie stresoilletjies.

Tersia ·

Ai JJ. Ek het nie kant gevat of vinger gewys nie vir die rede dat ek nie weet wie skuldig is nie. Jy het nou maar net my punt wat ek probeer maak het gestaaf.

oni ·

Maak nie saak wie wat se nie. Ongelukkig is al wat amptenaar is, swak opgelei en het hopeloos te veel mag. Hulle weet nie wat om met al die mag te maak nie.

Chantelle ·

Ek het al met metropolisie lede te doen gehad en van hul is baie arrogant. moord bly moord…daar is baie ooggetuies wat wel sal getuig. Miskien was slim toe nie so slim nie…

Henna ·

Die ander kant: ek het n dierbare familielid (pa van 2 klein kindertjies) verloor a.g.v. n motoris wat probeer wegjaag het.
Ek wens hy het die motoris eerder geskiet ..
Dinge gebeur binne sekondes by so padblokkade. Moet die metro lid dan eers omgery word voordat aksie geneem mag word?
Hoekom praat mense van rasisme? Die berig prast nie van wit/swart nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.