Man by PTA-polisiestasie doodgeskiet

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man in sy 20’s is Donderdagoggend dood tydens ʼn skietgeveg met ʼn polisiebeampte by ʼn polisiestasie in Pretoria.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 05:25 by die Atteridgeville-polisiestasie, wes van Pretoria, plaasgevind.

“Na wat verneem word, het die man by die stasie se gemeenskapdienssentrum uitgestap toe die beampte opgedaag het,” het Dlamini gesê. “Hy het op een of ander manier die beampte se vuurwapen in die hande gekry en op hom begin skiet. Die beampte het ook ʼn R5-geweer by hom gehad en teruggeskiet.”

Die man is noodlottig gewond. Die beampte is in die been gewond en is in ʼn stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.