Man by Spur doodgeslaan

Argieffoto

Argieffoto

Ses verdagtes, waaronder vier mans en twee vroue tussen 22 en 27 jaar oud, is Sondagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op Bradley du Preez by die Little Eagle Spur-restaurant in Alberton, Gauteng.

Sers. Phora Nkuna, woordvoerder van die Alberton-polisiestasie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die ses verdagtes is omstreeks 21:00 by die restaurant in die Lemon Tree-winkelsentrum in hegtenis geneem nadat hulle glo vir Du Preez doodgeslaan het. Sy ouderdom is nie bekend gemaak nie. “Du Preez het glo die verdagtes getart en uitgelok, en hulle onder andere met ʼn bottel gegooi,” het Nkuna gesê. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord asook die omstandighede wat tot die aanval gelei het.

Die ses verdagtes sou Dinsdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn het, maar die saak is tot Vrydag uitgestel omdat een van die ondersoekbeamptes nie beskikbaar was nie. Die verdagtes se name mag nie bekendgemaak word voordat hulle in die hof verskyn het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elizabeth ·

As iemand mens tart en met ‘n bottel gooi dan is dit NIE genoegsame rede om soos ‘n klomp hiënas op die persoon toe te slaan en hom/haar dood te SLAAN nie! Het daar NOOIT by enige van hierdie deelnemers aan die gru-daad vir een sekonde opgekom, dat ons moet STOP nie, dat wat nou gebeur handuitruk, dat dit onmenslik is wat ons doen…?? Hoe voel jy as jy deelneem aan so iets? Ek kan net nie sulke goed enigsins verstaan nie! Die woord “menslik” beteken ons het sekere gedragspatrone wat ons van diere onderskei maar waaragtig, nie eers diere gaan so tekere nie. Wat het geword van die ander wang draai? Wat het geword van kry die polisie uit om iemand wat jou tart en met bottels gooi te kom hanteer? Moet ons liewer soos monsters optree? En dat VROUENS saamdoen! ‘n Vrou wat veronderstel is om die sagte dinge in die lewe te verteenwoordig het deelgeneem aan hierdie barbarisme. Het hulel geod gevoel nadat hulle die persoon daar sien lê het? Het hulle trots gevoel? Braaf? O, ons het hom ‘n LES geleer? Hoe?? Ek weet nie meer wat in ons land aan die gang is nie, lees net een dag op Maroela wat in ons land aangaan en mens se hart wil tot stilstand ruk in jou bors. Dit is MEDE Suid Afrikaners – mense wat dalk nou die dag agter jou in die ry in die supermark gestaan het, wie se kind dalk saam met joune op die skoolbanke sit, wat langs jou by die robot gestop het…wat die titel “mens” dra maar nie so optree nie. Liewe hemel ek kan absoluut boeke skryf oor hoe geskok ek elke liewe dag is as ek lees hoe “mense” optree…

Trippie ·

Nogmaals, ‘n puik repliek Elizabeth – en ek STEM saam met jou.

Christina Swart ·

Het dieselfde gister vir my man gese. ‘n Vrou is tog veronderstel om teer en sag te wees, om babetjies te pamperlang. Hierdie mense tree lynreg daarteenoor op.

AmY ·

Maak nie saak hoe kwaad iemand jou maak nie, jy maak hulle nie dood nie. Liewe genade, ons het mos selfbeheersing. Ai ai.

Hein ·

Het elders gelees dat hy geterg is, en daarom uiteindelik sy cool verloor het en hulle met die bottel gegooi het. WOnder nou wie om te glo…

Elizabeth ·

@Hein – dit gee hul nie die reg om hom dood te SLAAN nie! Soos ek reeds hierbo geskryf het wat van die ander wang draai of die polisie inroep om met hom te werk. Stap weg as iemand so-iets aan jou doen – om iemand vir so-iets belagliks dood te slaan gaan my verstand te bowe!

Maggie ·

Ek hoop hierdie ses kry al hulle hel, maroela hou ons asb op hoogte wat met elkeen van hul gebeur, sulke gemors moet uit die samelewing verwyder word., maar al klaar is die een ondersoekbeampte, kamtig nie beskikbaar nie? laat my wonder.

SKANDE! ·

Maar het niemand gesien wat hier aangaannie? Waar was die Spur se eienaars – kon hulle nie die polisie uitkry of kon enigiemand anders nie iets doen of probeer keer nie?? Hoe is dit moontlik dat hierdie gemors net eenvoudig aanhou slaan het tot die persoon dood is?? Wat is fout met die samelewing dat ons net oë toeknyp “want ons wil nie betrokke raak” nie??

Frans ·

Stem saam met Maggie & Skande — Daar was alweer drank betrokke . Gesins restourant ? weet nie meer so goed nie . Ek dink die L E Spur gaan klante verloor , eintlik jammer ons HET die plek geniet veral saam met die kleispan . Die eienaars sal hulle huiswerk baie deeglik moet gaan doen en moontlik mense aanstel om ‘n oog oor die mense te hou om te verhoed dat so ‘n tragedie weer
gebeur . ABSOLUUT ‘n SKANDE….

Sarel ·

Soos ek verstaan is die vroue vrygelaat en die mans op R50.00 borg elk vrygelaat.Nie seker of dit waar is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.