Man by Spur verbied ná voorval by restaurant

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Spur Steak Ranches het reageer oor ʼn voorval wat by Texamo Spur by The Glen-winkelsentrum in Johannesburg plaasgevind het.

ʼn Video van die voorval is op Facebook gedeel deur ʼn klant wat Sondag tydens die onderonsie die restaurant besoek het.

ʼn Man en vrou baklei op die video met mekaar, nadat die man die vrou se seun glo daarvan beskuldig het dat hy sy kind geboelie het. Die vrou voer egter aan dis die man se kind wat haar seun geboelie het.

Die man dreig om die vrou te slaan waarna sy hom daarvan beskuldig dat hy haar boelie.

Daar is tydens die verloop van die voorval geen teken van ʼn restaurantbestuurder nie, slegs ʼn paar kelners en van die ander restaurantgangers wat probeer ingryp.

Die vrou voer ook aan dit is net omdat hulle swart is dat die man hulle aanval.

Spur het intussen die voorval bevestig. “Ons is geskok oor die manier waarop die volwassenes hulself gedra, veral met so baie kinders teenwoordig,” lui ʼn verklaring van die restaurantgroep. “As ʼn familierestaurant keur Spur glad nie hierdie tipe gedrag goed nie.”

Aldus die verklaring het hulle die voorval ondersoek en Texamo Spur se personeel en bestuur het aangevoer hulle het wel probeer ingryp, maar is telkens deur die “ontstoke manlike klant weggestamp”.

Personeel het dadelik die winkelsentrum se veiligheidsbeamptes ontbied toe die situasie geëskaleer het, lui die verklaring.

“Die man is nie by enige Spur-restaurant landswyd welkom nie. Ons kan nie enige vorm van geweld teenoor vroue en kinders duld nie, ongeag die omstandighede,” het Spur se bestuur bygevoeg. “Ons is baie jammer dat kinders aan hierdie tipe gedrag blootgestel is en wil die publiek en al ons lojale klante verseker dat ons die voorval nie ligtelik opneem nie.”

NEEM KENNIS: Maroela Media se redaksie kies om nie die video te publiseer nie weens die taalgebruik in die video en verskeie kinders wat in die video te sien is. Hiermee slegs skermskote uit die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

351 Kommentare

jongste oudste gewildste
Janet

Ek sou se die vrou moet ook belet word want sy het baie meer tekere gegaan as die man en ook lellllllik voor die kinders gevloek. Sy het nie vir een oomblik aan die kinders gedink net aan haarself. Shame vir haar

vickey

Daardie man sal nie onodig so tekere gegaan het nie. Ek glo hom.

AJ

So waarom Spur is nie beide diemensevan julle restaurant verniet nie, hoekom net die witman? Klink rasisties. Toe julle begin het was die witgeld goed genoeg om julle te bou tot waar julle is nou is dit nie meer goed genoeg nie.

Vickey

DAARDIE GROOTBEK MOET OOK daar belet word hoor daardie lelike vloekwoorde voor almal JAAG HAAR UIT! !

Ena

Wow. Hukom net die MSN verbied
Wat van die vrou? Ons weet tog almal hu hulle n siuasie it verband kan druk verbal s hulle n audience het
Maar ek het so pas besluit….Spur sien my nie weer nie buitendien is hul diens te deesdae ook nie van die beste nie.
Aaaahh die reenboog nasie wat maar nie wil of sal oor die weg kom nie!!!