Man by Tygerberg-hospitaal doodgeskiet

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Polisie-ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn man Dinsdag in die parkeerarea van die Tygerberg-hospitaal in die Wes-Kaap doodgeskiet is.

Lt.kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Traut is ʼn man van Elsiesrivier omstreeks 11:15 in die parkeerarea deur twee verdagtes doodgeskiet waarna die verdagtes op die vlug geslaan het. Die motief vir die voorval is onbekend.

Traut kon nie in die stadium meer inligting oor die slagoffer se beserings verskaf nie.

Laticia Pienaar, woordvoerder van die hospitaal, het die skietvoorval bevestig, maar alle navrae na die Wes-Kaapse polisie verwys.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, het Traut gesê. Daar word intussen berig dat die man glo ʼn bendelid was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kokkie ·

Gangsters’Paradise ! Met Komplimente van ‘n totaal en al onbevoegde ANC. TV

Sê maar net ·

Ek dink die polisie moet genoeg klopjagte uitvoer om onwettige vuurwapens te konfiskeer. Hulle moet nooit ophou nie. Net soos wat hulle onpadwaardige voertuie van die pad kan haal. Maar ja, seker ‘n onmoontlike taak, want ons is soooo baie mense, te veel, diegene wat sonder ‘n wettige werkspermit is, kan maar ook teruggaan van waar hulle kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.