Man by verkeerslig in sy motor doodgeskiet

Foto: ER24

ʼn Man in sy 40’s is Woensdagmiddag in sy motor doodgeskiet terwyl hy by ʼn verkeerslig in die weste van Johannesburg gewag het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn verkeerslig op die hoek van Fabriekstraat en CR Swart-weg in Strydom Park plaasgevind. “Paramedici van ER24 het omstreeks 13:55 op die toneel aangekom. ʼn Motor het in die middel van die pad gestaan en die pad was reeds deur die polisie afgesper.”

Volgens Meiring is die liggaam van ʼn man in die motor gevind. “Paramedici het die man ondersoek en bevind dat hy verskeie kere geskiet is. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle ondersoek die omstandighede rakende die voorval. Volgens hom het die man by ʼn verkeerslig stilgehou waarna ʼn verdagte of verdagtes uit hul motor geklim en die man herhaaldelik geskiet het.

Die motief vir die moord is nog nie duidelik nie en die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Foto: Twitter via @visiontactical.

Dit volg op ʼn soortgelyke voorval verlede week waar ʼn man op die M1-hoofweg in sy motor doodgeskiet is. Majeed Khan (53) is agt keer geskiet en op die toneel dood verklaar. Die voorval het verlede Woensdag omstreeks 17:30 naby die Glenhove-afrit gebeur.

Die slagoffer was volgens mediaberigte by ʼn valutasindikaat betrokke. Die polisie wou egter nie bevestig of dit as sluipmoordaanval ondersoek word nie.

In dieselfde tyd dat Khan in sy motor doodgeskiet is, is nóg ʼn motoris dood in sy bakkie langs die M2 aangetref nadat hy ook geskiet is.

Makhubele wou nie bevestig of enige van die sake moontlik verband hou nie. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met verlede week se voorvalle nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Spervuur ·

En dit alles deur WETSGEHOORSAME burgers in ‘n land waar daar GEEN misdaad is nie, net die gewone huisroof (omdat die mense honger is). HOOP die minderheidsgroepie word ook nou wakker, toe die moorde op wittes toegeneem het het almal dit ontken, lyk my daar is nog ‘n minderheidsgroep onder skoot . WAKKER WORD MANNE, dis nie net meer wit mense wat uitgehaal word nie …

Casper Labuschagne ·

Bly ons nou in Venezuela?

Dit is vergelykbaar met koerantopskrifte in ‘n ander land wat sosialisme ingestel het en wat deur ons politici as rolmodel bekou word vir die implementering van hul eie doelwitte, waarvan die naam Venezuela is.

Dit is hoogs kommerwekkend want sulke goed het selde in hierdie land voorgekom.

Liezl ·

Casper, lyk my Venezuela het hiernatoe gekom. Dis nou maar wat gebeur in ‘n land as ons nie omgee wie hiernatoe stroom nie. Hoe meer hier instroom, hoe meer voorvalle gaan ons kry, ongelukkig. Wens net almal kan terugkeer na hul land waar hulle hoort. Ek is hier gebore en ek is hier om te bly.

Niel ·

as ek dit reg het : dit beteken iemand wat geld na die buiteland vat en dit nie by die doane/SARS verklaar nie. Op die manier kan geld dalk seker gewas word oorsee ens. Interresante vraag :)

Jakals ·

Ek ry daai pad daagliks. Nie gedink so iets kan daar gebeur nie.

jaco ·

Darem nou 1 of miskien 3 minder onwettige buitelanders in SA. Hoe lank vat dit om van die ander 5 miljoen ontslae te raak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.