Man by wildtuin met olifanttande betrap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 28-jarige Mosambiekse man is in hegtenis geneem nadat hy glo met twee olifanttande in die Krugerwildtuin betrap is.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, het gesê die man is Saterdag aangekeer toe hy die wildtuin by die Punda Maria-hek wou binnegaan.

“Veldwagters het die man voorgekeer en sy voertuig deursoek. Hulle het op die twee tande afgekom wat agter in die voertuig in mieliemeelsakke versteek was,” het Maluleke gesê.

Die man is in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van olifanttande. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Malamulele-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kleintjie ·

Hy moet sommer leweslange tronkstraf kry. Diere is weerloos, hoekom moet hulle so verniel word.

Paul ·

Hy moes nou in dieselfde toestand as die betrokke olifant gewees het, dan was die probleem met die stroper finaal beredder.

Scalla ·

Weereens n uitlander betrokke, trek sommer sy tande dat sy ore kan oopgaan

johann cb ·

Foei, die arme man moes maar tandarts toe gegaan het. Hy moes seker vreeslik gesukkel het om te eet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.