Man byna in sop oor rassistiese aanmerkings

Foto: Facebook

ʼn Werknemer van Netcare en Netcare911 is deur ʼn interne ondersoek onskuldig bevind aan rassistiese aanmerkings op sosiale media.

Albei organisasies het in ʼn verklaring gesê dié ondersoek toon dat ʼn kuberkraker onwettige toegang tot die werknemer se Facebook-blad verkry het en toe die rassistiese inskrywing geplaas het.

Craig Grindell, besturende direkteur van Netcare 911, sê die “aanstootlike inskrywing” is Maandag onder die aandag van die bestuur gebring, waarna die werknemer met spesiale verlof geplaas is.

“Die inskrywing bevat betreurenswaardige en onverskoonbare rassistiese opmerkings. Die leser is dan onder die indruk dat die inskrywing deur die individu self geskryf is,” sê Grindell. “Ons ondersoek het egter aangedui dat die werknemer se Facebook-profiel waarskynlik onder ʼn kuberkraker deurgeloop het.”

Dr. Richard Friedland, hoof uitvoerende beampte van die Netcare-groep, sê dié organisasie sal nie huiwer om teen rassisme en diskriminasie van enige soort op te tree nie.

“Ons is trots op ons verbintenis en pogings tot transformasie in Netcare. Ons omhels diversiteit,” sê Friedland.

Grindell het gesê ondanks pogings om direk met Facebook in verbinding te tree, kon die profiel wat oorspronklik die rassistiese inhoud geplaas het nie deur Facebook geverifieer word nie.

“Die saak is gesluit nadat ons ʼn deeglike ontleding van die individu se persoonlike Facebook-aktiwiteit deur ʼn derde party laat doen het én die individu ʼn beëdigde verklaring afgelê het waarin hy aanvoer dat hy geen benul het van wie moontlik die aanmerkings op Facebook geplaas het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Blackie ·

Ek stem saam as die oortreder wit was was hy vervolg en afgedank, as hy swart was sal hy niks oorkom nie, so ons kan seker nou ons eie afleidings maak van wie die skuldige was.

Roelof ·

Hoekom word die werknemer se naam nie genoeg nie? As hy blank was – was hy ontslaan en sy naam was dan bekend gemaak. Uiters swak die hele insident. Die kamstige kuberkraak is net ‘n maklike verskoning en uitkoms.

Callie ·

Net wittes is mos rasisties. Net witmense mag nie die waarheid praat oor wat in die land aangaan nie. Doen hulle is hulle rasiste. Swartes mag lieg. Dit is hul reg. Vooerbeeld van hoe om te lieg kom mos van die leiers af

vermeende ·

Google en Facebook se rekeninge is die veiligste, dit is by verre die moeilikste om te kraak en vat n meester op die gebied, nie n leek of beginner nie.
Trots op hulle transvormasie maar duld nie rassisme nie, hoe de hel kan jy mense bloot op hulle velkleur aanstel of wegwys maar nie n rassis wees nie.
Dit klink eerder na iets wat Zuma sal kwyt raak.

AN ·

Netcare…..hulle diens is in elk geval swak in my ondervinding. Ek verkies Mediclinic duisend maal bo Netcare – Mediclinic altyd goeie diens

Anoniem ·

Die bekenste Facebook kuberkraker versprei pornografie, nie rassisme nie. Klink vir my na ‘n vet kans met die hoop die algemene publiek sal daarvool val. Bewys dit nou maar eers.

Eensydig ·

Eensydige optree teen rassisme.

Miskien moet Spur en hulle saam smelt. As iemand te veel eet en slegvoel kan hulle dadelik gehelp word. Beleide amper dieselfde.

christine ·

Julle kan gerus meer disiplinere hou. Julle staf vee hulle af aan diie pasiente. Julle staf praat met mekaar in hulle taal. Wil gedurig gebeds byeenkomste hou, maar waar God 2de viool speel en die priest 1st kom. Slegter as Pelolome hospitaal werklik waar. Dan moet ons nog ten duurste opdok ook. Julle personeel is oorgewig en loop skuifvoet, skuifvoet in gange slordigespul. Sal ook nie verbaas wees as hulle iets op jou FB pos nie hulle wil jou wegwerk soos hulle al met baie wittes gedoen het. So, So Long.

Hannes ·

“Ons omhels diversiteit,” sê Friedland.

Mense dink die regses of die NP het ons gebrainwash, kyk net hoe word wit mense wereldwyd gebrainwash om hierdie goed te sê…

Cherokee ·

En wat van Penny Sparrow wie se facebook ook gekraak is en Hellen Zille se Twitter inskrywings? Hulle het net nie aan dieselfde verskoning gedink nie. O ja, Zille het Sparrow laat vervolg en toe ry sy self aan die pen! En intussen het die DA groot ondersteuning onder Maroela-lesers.

anton ·

Stem saam dat Nedcare se diens baie swak is. Ek weet nie waar hulle die personeel kry wat daar werk nie maar dink dit is van n ander planeet af. 2 uit 10 beteken iets.
Om nie eers te praat van hulle ICU afdeling nie. Daar word jy slegter behandel as in n gewone saal. Nee wat die land val uitmekaar op alle gebiede.
Privaat hospitale is al amper nes die staats hospitale.

nettie ·

Wie is Netcare om te praat. Hulle personeel is uiters rasisties. My verblyf was regtig onsmaaklik. MEDIKLINIEK is tops.

Andre ·

Klim van facebook af en wees meer produktief. Daar is genoeg familie , buurtwag en ander groepe om nuus re versprei. Ek verneem dat sommige van die facebook “postings” afstootlik en onverantwoordelik is.

Penelope ·

Netcare het baie goeie hospitale, maar ongelukkig is die die bestuur en personeel wat dit so moet hou. Sover ek weet is netcare se policy om slegs Engels te praat en geen ander tale nie.
Ek dink mense is te bang om te kla, want dan word jy ‘n teiken van viktimisasie.
Sommige mense verpleeg maar net omdat dit nog ‘n werk is, maar as jy jouself in die volgende ou se skoene sit, sal jy hul dalk beter behandel. Vir my is die ergste die hospitaalgeraas, geen mens kan behoorlik gesond word as dit soos ‘n bazaar klink nie.
En as mens siek voel en word halfhartig deur ‘n suurknol gehelp, dan wil ek ‘n aar in my kop bars. Buiten dit, is rassisme en swak houdings teenoor oumense besig om toe te neem.
Mediese fondse is peperduur en as jy so swak behandel word, is dit ‘n bitter pil om te sluk.
Baie dankie vir al die gebore verpleegpersoneel daar buite vir al jul harde werk, ons waardeer julle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.