Man byna motor kwyt toe hy sleutels in badkamer vergeet

Die voertuig waarop daar beslag gelê is. foto: Verskaf.

Die polisie in Oos-Londen het ʼn 22-jarige man in hegtenis geneem by die Hemmingway-winkelsentrum en beslag gelê op ʼn vermoedelik gesteelde voertuig.

Kapt. Mluleki Mbi, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn man het Dinsdag sy motorsleutels in die badkamers van die winkelsentrum vergeet. “Toe hy teruggaan om die sleutels te gaan soek was die sleutels sowel as sy voertuig weg.”

Die polisie is van die voorval in kennis gestel.

“’n Soekog is van stapel gestuur en ʼn verdagte is bo-op die dak van die gebou in die parkeerarea vasgetrek terwyl hy wou wegry,” het Mbi gesê.

Die verdagte sal binnekort in die Oos-Londen-landdroshof verskyn op aanklagte van motordiefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

PJC ·

Deesdae moet ń mens baie beter na jou besittings omsien as jy nie wil skade ly nie.

Maklik ·

Maklik die moderne tegnologie beskikbaar ook vir die gemaklikes en natuurlik die boewe. Jy loop met daardie sleutel en druk die knoppie totdat die kar jou antwoord. Ook nou die dag sleutels by ‘n besigheid sien rondlê en aan ‘n verantwoordelike persoon oorhandig want die eienaar sal een of ander tyd sy spore terugvolg vir sy motorsleutel. Dis die tweede keer wat dit met my gebeur.

Cherokee ·

‘n Badkamer in ‘n winkelsentrum!? Wel, dit sal die mense leer om by hul huise te bad.

Voorlaaier ·

Nee wat!….Hy wou hom net vir i “test drive” vat!..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.