ʼn 33-jarige man, wat skoolkinders in ʼn bussie vervoer het, is Dinsdag op die toneel van ʼn noodlottige botsing in hegtenis geneem.
Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê die botsing tussen ʼn grys Mitsubishi en ʼn Toyota Quantum het op die R336 in Sunlands Mainweg in Addo in die Oos-Kaap plaasgevind.
“Die bestuurder van die Quantum het leerders tussen die ouderdom van nege en 12 jaar oud na ʼn skool vervoer toe die twee voertuie gebots het,” het Swart gesê.
“Nie een van die leerders is in die ongeluk beseer nie, maar die bestuurder van die Mitsubishi is op die toneel dood.” Die oorledene is ʼn 41-jarige man en inwoner van Addo.
Swart het gesê die bestuurder van die Quantum is net daar in hegtenis geneem op aanklagte van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur.
Die man sal na verwagting Woensdag in die Kirkwood-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.
maar ene zuma loop vry met nie eers n saak teen hom nie,afriforun maak nou n saak
Wat hulle ook gaan verloor, daar gaan niks van kom nie.
Pessimisme is ‘n siekte.
Sarkasme is ook ‘n siekte. Ek is so bly die regering het vir julle liberales en positiewes gisteraand gewys wie hulle werklik is ..