Man dae ná huweliksherdenking voor vrou doodgeskiet

Mark Pilgrim het die foto van Dean en Ismini Jones op sy webwerf gedeel.

Mark Pilgrim het die foto van Dean en Ismini Jones op sy webwerf gedeel.

Dean Jones (35) is voor sy vrou doodgeskiet in ‘n kompleks in Sandton, Johannesburg.

Kapt. Kym Cloete, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê twee verdagtes het Jones se vrou, Ismini (38), glo Sondagmiddag tot by die kompleks agtervolg.

Toe sy voor die kompleks stilgehou het, het die twee mans glo uit hul motor gespring en met vuurwapens teen haar motorruit gekap. Volgens Cloete het Ismini glo haar motor se toeter gedruk waarna haar man glo kom ondersoek instel het.

Die verdagte het op Jones losgebrand en hy het in aanskou van sy vrou inmekaargesak en gesterf. Niks is gesteel nie. Cloete sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en die polisie ondersoek die saak.

Die voormalige radio-omroeper Mark Pilgrim het op sy webtuiste geskryf dat Ismini goeie vriende met sy vrou is. “Geweld is orals om ons. Ons weet dit. Maar wanneer dit iemand naby aan ons raak tref dit ons net soveel erger,” skryf Pilgrim.

“Ismini en Dean het vier dae terug [Vrydag] hul huweliksherdenking gevier. Rus in vrede Dean en mag jou ster voortgaan om elke aand op haar neer te skyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leeutjie ·

Drieks ek is bang vir alle rasse! Waar drank ook by betrokke is gooi ons nasie nie weg nie! Wat my wel ook pla is dat al skep die regering poste vir hierdie barbare sal hulle dit nie vat nie want hulle verdien meer deur hul moorde, rooftogte en kapings. Om nie eers te praat van verkragtings nie. Dis natuurlik hulle bonusse.

Ek het ‘n ruk gelede gehoor van die persoon wat staan en bedel het en wel ‘n werk aangebied was. Sy antwoord was dat hy meer verdien met bedel as wat hy by ‘n werkplek sal kry. I rest my case!

Rieks ·

Ja, soveel mense word vir NIKS vermoor en aangerand! Wanneer gaan ons regering besef dat hierdie nie iets is wat net weg sal gaan nie. Die oortreders word nie gestraf nie en soms GLAD NIE gevang nie en gaan net voort om andere te terroriseer. Ons sal ons regstelsel moet verander om die “vrees” vir die straf weer terug te kry. Enige iemand wat in elke geval deesdae tronk toe gaan sit net en mooi lyk vir 2 maande dan word hulle vry gelaat op goeie gedrag! Verander die regstelsel van begin tot einde en verbeter tronke sodat daar nie rede is om oorvol tronke leeg te maak nie!

Peter Says ·

Sterkte aan die familie, ek was nooit bewus daaraan dat haat n smaak het nie, maar ek loop noual vir maande met hierdie Bitter smaak rond…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.