Man dán in hof vir Vanderbijlpark-moorde

Carlia, Thea en Phillip du Preez. Foto: Facebook

Carlia, Thea en Phillip du Preez. Foto: Facebook

Die man wat Donderdagoggend beweer het hy was in sy motorhuis terwyl twee verdagtes sy gesin in sy huis in Vanderbijlpark in Gauteng doodgeskiet het, sal waarskynlik Vrydag ʼn amptelike verklaring aan die polisie aflê.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die 39-jarige man se verklaring is nie Donderdag afgeneem nadat hy in hegtenis geneem is nie, aangesien hy moontlik te getraumatiseerd kon wees ná sy gesin se dood. Die man moes ook eers kans gegun word om ʼn regsverteenwoordiger aan te stel.

Thea du Preez (41) en haar kinders, Carlia (17) en Phillip (14), is vroeg Donderdagoggend in hul beddens in hul huis doodgeskiet. Die man het beweer hy was in die motorhuis besig toe hy skote in die huis gehoor het. Hy het beweer hy is daarna deur twee gewapende verdagtes gekonfronteer wat op vlug geslaan het, waarna hy ondersoek gaan instel het en die drie oorledenes se liggame in die huis aangetref het. Enkele ure daarna is hy egter in hegtenis geneem.

“Die polisie het in die huis op die twee ongelisensieerde vuurwapens en een gelisensieerde vuurwapen beslag gelê,” het Mofokeng gesê. “Die vuurwapens is vir ballistiese toetse gestuur om te bepaal of dit in die uitvoering van die moorde gebruik is.”

Mofokeng kon nie gerugte, dat die man aan die polisie skuld erken het, bevestig nie. “Die man het nie gister [Donderdag] ʼn amptelike verklaring afgelê nie. ʼn Skuldbekentenis moet in elk geval voor ʼn landdros gedoen word en die man sal eers Maandag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn,” het hy gesê.

Die man sal teregstaan op aanklagte van moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

RSA ·

daar was nie voorheen berig oor die 2 ongelisensieerde wapens nie.
Waar sal dit vandaan kom?

Anoniem ·

Al het ons jul nie geken….die is baie hartverskeurend. Iedere en elk rou saam.

Monica ·

Vdb is besig om uit die bus te val met moorde en huisbraake vele meer eens het mens nie so baie gehoor van al die soort gevalle, ja daar was maar dit word nou baie erger as jy vaalweekblad oop maak sien jy net al die berigte waar gaan als eens was dit n prag dorp nou is mens te bang om jou kop by die deur uit te steek of as jy trugkom huis is als besteel genoeg is gernoeg.

Peet Schabort ·

Werkloosheid het ook sy kop in Vdb’park uitgesteek Monica. Ek glo dit is deel van die probleem. Dit gee jou egter nie die reg om te moor. Die NG Kerk waarvan ook ek ‘n lid is het egter tyd vir Belhar en gaystories.

VDB ·

Die seun was deel van die gr 8 groep in ‘n baie goeie skool. Wat regtig baie beteken is dat die skool ‘n boodskap gestuur het om te se daar is berading vir die kinders beskikbaar. En ja Monica, ek het in Vanderbijl groot geraak, en hoe ek die dorp ken en hoe hy nou is, is twee verskillende plekke. Die is regtig hartseer, twee pragtige jongmense se lewens net so kortgeknip en dit vir watse rede? GEEN rede is goed genoeg om jou kinders se lewens te neem ni, en ek gooi nie klippe nie. Ek bid vir die wat agterbly met die seer en die vrae

Dee ·

Stel jy voor ons verban Vanderbijl uit die republiek, Monica?

Monica ·

Ja Peet dit wat aan die gebeur by mittel is kommerweking die moorde en inbrake gaan die hoogte inskiet as dit so aangaan en die bestuur bo ons het drasties n presedent nodig om die land reg te ruk so kan dit beslis nie aangaan die rotang moet trugkom in skoole kan dit klaar beter gaan .

Elbie ·

Skokkend en baie,baie hartseer! Sterkte aan die wat agterbly.

Eish! ·

Ek verstaan die vuurwapens se ballistiese toets uitstale is nog nie gekry. Hoe kan hul dan die man vir moord arresteer/laat teregstaan? Ek wonder maar net? ‘n Mens moet mos darem seker darem redelike rede he om iemand as verdagte uit te wys. Dalk kan iemand help.

Ben ☺☺☺ ·

Die kriminele-rekordsentrum kon net die verdagte ondersoek het vir ontstekings-residu, gou gou Pretoria toe gery het, en nog dieselfde dag die uitslae gehad het. Die toets kan bepaal of die verdagte die vuurwapens afgevuur het.

JP ·

Bring die doodstraf weer terug. Lewenslank beteken “bed and breakfast for free the rest of his life”!!!!!!!!!!!!!!!!!

Nettie ·

Mense, mense … moenie so hard en so vining klippe gooi nie. Ek neem aan geeneen van die kommentators op hierdie blad het die gesin geken nie. Hoe weet ons wat gebeur het? Dalk wás daar twee indringers en hét hulle die vrou en kinders afgemaai. Soos Peet Schabort sê: werkloosheid het ook sy kop in Vanderbijl uitgesteek – en ons almal weet dat werkloosheid ‘n groot motivering of oorsaak van misdaad is. Wat gebeur het, is tragies. Maar moenie so vinnig die bord van “Gesinsmoordenaar” om die pa se nek hang nie. As hy wel aandeel in die gebeure gehad het, moes daar ‘n sneller gewees het wat hom moontlik kon laat knak het. Ek glo nie die SAPD sou hom in hegtenis geneem het as daar nie werklike gronde voor was nie. Dalk het hy die moored gepleeg, dalk het hy ‘n skuldbekenning gedoen. Ons sal nie nou al die antwoorde hê nie – miskien nooit nie, soos in die geval van daardie gesin van De Zalze Landgoed, Stellenbosch wat op 2 gesinslede na, uitgemoor is … en geen haan het nog ooit weer daarna gekraai nie.

JP ·

Die oordeel kom ons nie toe nie, dit weet ons almal en ek is jammer ek het geoordeel. Maar ek weet net as dit ek was en die eerste skoot het geklap ek nie 2 keer sou gedink het om my gesin te gaan help nie, al beteken dit dat ek dalk ook saam met my gesin dood geskiet gaan word, want wat is my lewe sonder my gesin? Maar na so baie skote net te se, hy is gekonfronteer deur twee gewapende verdagtes en daar is niks aan hom gedoen nie en hulle het daarna op vlug geslaan nadat hulle gewapen was en hulle pas 3 mense dood geskiet het in die huis. Jammer ek sluk swaar aan die storie? Groete

RG ·

Ek stem saam JP…. as ek pas 3 mense dood geskiet het sal ek seker maak enige getuies is ook dood…

Jan ·

Stem saam met JP oor dood straf as hy lewenslank sit leef hy lekker en ons wat belasting betaal moet vir hulle sorg

Monica ·

D hoe lank bly jy in vdb ek bly oor die 40j hier en dit was nooit so erg soos nou nee ek se net wat in my dorp aan die gebeur is ek is lief vir vdb en net sleg wat ek sien net my meening dus al nuks negetief en moord bly moord maak nie saak wat en wie dit gedoen het ek stem saam bring doodstraf trug land sal regkom.

Dee ·

Ek woon nie in Vanderbijl nie, Monica. Ek woon 100de kilos van daar en wat ek gesê het was nie ernstig bedoel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.